Vrou op kleinhoewe met skroewedraaier gesteek

Die aanvallers het ʼn venster gebreek om toegang tot die huis te verkry. Foto: Verskaf

ʼn Vrou is Maandagoggend op ʼn kleinhoewe noord van Pretoria deur ʼn onbekende aantal aanvallers oorval en met ʼn skroewedraaier gesteek.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die vrou, in haar 70’s, is omstreeks 10:00 in haar huis op ʼn kleinhoewe in die Onderstepoort-omgewing oorval.

Die aanvallers het ʼn venster gebreek om toegang tot die huis te verkry. Volgens Müller is dit nie die eerste keer dat die vrou op die kleinhoewe aangeval is nie.

Hennie Brits, paramedikus van Best Care-ambulansdienste, het gesê die vrou is twee keer in haar regterskouer met die skroewedraaier gesteek en daar word vermoed dat haar ribbes moontlik gebreek is. “Sy kon nie regtig onthou hoekom haar ribbes so seer is nie. Ek dink sy was net heeltemal te geskok,” het Brits gesê.

Sy is per ambulans na ʼn hospitaal geneem.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

Die aanvallers het ʼn venster gebreek om toegang tot die huis te verkry. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

bb ·

So jammer vir wat met die tannie gebeur het..
Maar kan een ding nie verstaan! Geen diefwering voor sulke groot vensters dis te maklik..?

pieter ·

En geen diefwering voor die venster nie.Ag nee dan soek jy mos moeilikheid.Geen simpatie eindelik nie maar sy is bejaard waar is haar kinders of familie om te kyk na sulke dinge.

Leahim ·

Ek verstaan dat die komando stelsel was doeltreffend met die bekamping van misdaad in die landelike gebiede ,my vraag is kan die sekuriteits maatskapye soos chub nie n komandostelsel of soortgelyk begin in die landelike gebiede nie en funksioneer soos die kommando stelsel met werskeping en die nodige opleiding.Die polisie soos ek verstaan ondersoek misdaad nadat dit gepleeg is en voorkom dit nie.

Chrisjan ·

“Leahim” die regering verbied enige privaat militaristiese eenhede heeltemal.Hulle het geweet solank die Kommandostelsel in werking bly gaan boere se aanvallers groot pakslae kry soos wat gebeur het daar stop hulle toe die Kommando stelsel heeltemal.

emo ·

ai hoe tragies ons woon in S.A mense. aanslag op plase en,hoewe n ou dame op,n hoewe sonder diefwering verstaan nie

honourable member ·

Mense maak hulle self weerloos teenoor hierdie mense. Kyk net hoe maklik kon hulle by die vester inkom. Sit dik diefwering op en beveilig jou huis. Dis nie meer 1980 nie. Hierdie mense sit en loer soos aasvoels vir maklike teikens. Sterkte

Johnnie ·

Dit is hartseer om te sien dat mense op kleinhoewes en plase bly sonder voldoende beskerming. Waar is die diefwering . Maar oumense dink nog steeds ons is in die goeie ou dae waar almal vertrou kan word.

Will i am ·

Mense jul kla oor diefwering. Die tannie kry nie toelae van die staat vir opgraderings nie. Wat sy doen moet uit haar sak kom.

Theresa ·

Ai, baie jammer vir die pyn en trauma!! Sien daar is ‘n sekuriteitshek. Dalk, net dalk, mede-lesers, kan die dame dit nie bekostig om al die groot vensters toe te span met sterk genoeg diefwering nie (onthou, dun diefwering breek maklik – word sommer oopgeskop).
Kan iemand haar help met die diefwering??

KG ·

Dis so maklik om vir mense te se kry diefwering. Mens weet nie wat die dame en haar kinders se finansiele posisie is nie. Somtyds is dit nie omdat jynie wil nie, maar jy kan nie.

Tanya Kruger ·

Tannie, ek is opreg jammer vir jou maar jy gaan iets aan jou veiligheid moet doen. Indien jy nie fondse het nie, sal ek verseker help.

Ek weet ·

Bob en Jan gebruik ‘n bobbejaan-spanner om die diefwering nek om te draai maak nie saak hoe dik die yster is.

oni ·

Ek let al vir n geruimetyd op dat dit n algemene tendens is, dat mense net diefwering opsit waar
venster oopgemaak kan word. In vandag se lewe, help dit geensins vir veiligheid nie.

abc ·

soos reeds genoem,,julle wat kla oor diefwering,gaan help die tannie asb

PJC ·

Dit is maar soos die lewe werk. Ń mens dink mos nooit dit sal met jou ook gebeur nie. Miskien moet iemand die inisiatief neem en ń fonds op die been bring waar mense kan geld leen om hulle te beveilig wanneer hulle dit nie kan bekostig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.