Vrou op Limpopo-plaas geskiet

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Vrou moes na ʼn hospitaal in Pretoria gehaas word nadat sy Vrydagmiddag op ʼn plaas naby Vaalwater in Limpopo in die bors geskiet is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het bevestig die 69-jarige vrou is op die plaas Waterval deur een van die plaaswerkers oorval. Sy was glo in die stadium alleen by die huis.

“Die werker het ʼn .22-geweer by hom gehad en het geld geëis. ʼn Tweede aanvaller wat ʼn balaklawa gedra het, het ingekom en beveel dat sy die kluis moet oopmaak. Die aanvallers het haar daarna vasgebind,” het Otto gesê.

Volgens Otto het die vrou daarin geslaag om haar los te woel en toe die aanvallers dit sien, het hulle haar in haar bors geskiet. Die aanvallers het met selfone, ʼn handsak, beursie en bankkaarte op die vlug geslaan.

Die vrou is na ʼn hospitaal in Pretoria gehaas. Dit is nie in die stadium bekend hoe ernstig haar toestand is nie.

Otto het gesê ʼn saak van poging tot moord en gewapende roof sal ondersoek word. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

In nog ʼn Limpopo-plaasaanval, sowat 200 km daarvandaan in die Groblersdal-omgewing, is ʼn boer Vrydagmiddag met ʼn mes doodgesteek. Die aanvaller is tydens die voorval geskiet en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Otter ·

Dit is baie sleg. Jammer dit kon nie anders verloop het nie. Ek wens die boere kan honde aanhou wat dalk sommige van dié aanvalle kan verhoed ?

boerestaansaam ·

Vandag is dit nie veilig om op n plaas te woon nie help ook nie jy het honde nie hulle moor die diere dan val hul jou aan die plaas boere moet saam staan teen plaas aanvalle genoeg is genoeg

Tiger ·

‘n Spul honde op die werf beteken niks want hulle vergiftig die honde maklik en geruisloos.’n Klein soort hond wat BINNE jou huis slaap en nie maklik vergiftig kan word nie wat jou wakker maak as hy iets buite hoor beweeg beteken baie meer want dan kan jy nie sommer terwyl jy slaap oorval word nie en kan jy die boewe verras wat hulle 9 uit10 keer op die vlug sal laat slaan.

Elgeraine ·

Nog een van ons mense…..dit hou net nie op nie! Vergeet simpel nkandla of glibberige gutas! Dis ONS MENSE – ELKE DAG!!;-(

sarie ·

Die doodstraf Moet terug kom ongeag vir watter kleur of jy wit Swart pienk of pers is as jy moord gepleeg het Moet jy betaal vir jou sonde lewe vir ‘n lewe. Dan Sal daar weer respek wees. Ons is so Moeg

vir die dinge..

Raymond ·

rs was die aanvalle 2h in die oggend. Nou al helder oor dag! Dit gaan nie oor roof. Al wat hulle vat is wapens. Net op weer te moor.

Ria ·

Doodstraf terug kom in die hande van die ANC regering? Dink bietjie asb…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.