Vrou op Limpopo-plaas vermoor

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Vrou se liggaam is Vrydag op ʼn plaas in Limpopo gevind nadat sy vermoedelik verkrag is.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het Saterdag aan Maroela Media gesê die voorval het op ʼn plaas in die Agatha-omgewing buite Tzaneen plaasgevind.

“ʼn Groep arbeiders was die middag van die landerye op pad terug na hul woonplek, toe hulle ʼn vrou uit die omliggende plantasies hoor skreeu het,” het Cameron gesê.

Die werkers het gaan ondersoek instel en later op die vrou se liggaam afgekom. Sy het glo by van die werkers op die plaas gaan kuier voor sy vermoor is.

Haar ouderdom en oorsaak van dood is nie dadelik bekend nie.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leahim ·

Dit lyk vir my dit is nou een boer of meer elke dag .Daar is soveel goeie werklose mense in sa wat wil werk maar nie die geleendheid kry nie hoekom word hierdie mense nie in die sekuriteits bedryf opgelei en op die plase ontplooi nie ,elke boer betaal n sekere bedrag elke maand om die uitgawes van die sekerheids organisasies te befonds.Ek wil vra dat n boer wat vanfag op n plaas bly se wat is hulle plan van aksie vorentoe en hoe kan ons help?

strandloper ·

Ek dink nie hierdie slagoffer was ‘n boer nie – anders was wat jy glo, word daar ook werkers van kleur, ens. Op plase vermoor.

snoefie ·

meer dikwels as wat jy dink Strandloper. daarom dat oompie cyril op sy seepkissie geklim het en waarsku plaaseienaars moet ophou om “sy mense” te vermoor. dit n voornemende minister wat nog onderskeid tref tussen die plaaseienaars en “sy mense.” dan wonder almal hoekom daar nie vrede tussen die rasse kan wees nie.

Johan ·

Strandloper, die “anders wat jy glo” deel van jou opmerking was ongevraagd.

willie ·

dit maak nie saak wat die geslag of ras is nie, elke moord is so wreed en onnodig te danke aan ñ regstelsel wat sy volk in die rug steek!

Leahim ·

Willie ,strandloper en johan ek stem 100% met julle saam ek het na die grond oudit gekyk en as daar gekyk word na die verdeling van die grond wat alreeds gedoen is en jy kyk na die aantal wit boere wat doodgemaak word lyk die genocide teorie of dit daar kan wees.

Keelvol ·

Shame dink net aan die angs en vrees wat sy moes deurmaak

Genoeg dis tyd vir aksie ·

Ons moet nou begin optree. Praat werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.