Vrou op lughawe vas oor 8 kg dwelms

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn 27-jarige vrou van Hillbrow in Johannesburg is Saterdag met meer as R1,8 miljoen se dwelms op die Kaapstad Internasionale Lughawe betrap.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou, wat ʼn Zimbabwiese burger is, het omstreeks 10:00 uit Johannesburg op die lughawe aangekom.

“Nadat die passasiers almal hul bagasie by die bagasieband gekry het, het lede van die polisie lukraak sommige van die passasiers se tasse deursoek,” het Van Wyk gesê. “ʼn Sak met 8,1 kg kristalmetamfetamien ter waarde van R1,82 miljoen is in die vrou se tas gevind. Sy is op die plek in hegtenis geneem.”

Van Wyk het gesê die vrou sal Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Cherokee ·

‘n Belangrike vraag is hoe sy op die vliegtuig beland het daarmee. Dit beteken die doane van waar sy gevlieg het, hetsy Harare of waar ookal, is nie betroubaar nie.

Sputnik ·

Cherokee, die berig sê duidelik dat sy op ‘n vlug vanaf Johannesburg was. Dit is hoogswaarskynlik ‘n Zimbabwiër wat in Hillbrow woon. Ek twyfel dus of sy by ‘n lughawe deur doeane gegaan het. As die polisie die bagasie lukraak deurgesoek het is hulle baie gelukkig dat hulle haar gekies het. Ek hoop hulle bêre haar diep weg.

Cherokee ·

Natúúrlik Sputnik! Hoe op aarde ek die tweede paragraaf mis gelees het is onverstaanbaar :-)
Dankie dat jy dit uitwys. Ek kyk min TV maar somtyds met middagete (soos vanmiddag) is daar ‘n program oor die doanes in Aus (Melbourne/Sidney). Daardie mense is sò ongelooflik skerp, selfs dwelms binne staal word opgespoor. En diè vrou is ‘lukraak’ uitgevang? Lukraak soos toe ons kinders was en oë toegehou het en op ‘n nommer gedruk het? Dit beteken dat ons doanes nie kan spog daarmee nie maar ‘n ‘review’ moet doen.

Helene Heyns ·

……en as sy nou nie van die sommiges was wat deursoek is nie, wat dan

KarooKlong ·

Ek vra ook, hoekom lukraak sommige van die passasiers se tasse deursoek en nie lukraak sommer almal nie?

Ilze ·

Ek wonder nogsteeds hoe stupid moet jy wees om te dink jy gaan dalk nie gevang word nie. Genade ek is hardop vir geld maar dwelms smokkel, nee wat tronklewe nie vir my

Rapes ·

Straf haar en na vonnis uitgedien is deporteer haar. Dit wil my voorkom of die buitelanders dink hulle kan in RSA maak soos hul begeer of miskien word hul toegelaat.

Cherokee ·

Die enigste smokkel wat ek doen is wanneer ons in die somer tydens najaar op ‘n passasiersboot in die Mosambiekkanaal vaar en ek weet wanneer ons tasse deur die doane gaan word ‘n metaalverklikker gebruik. Ek vervang dus die metaalprop op die bottel Richellieu met kurk en dit word nie raak gesien nie. (haai…. ((!)) dit was nie bedoel as ‘n tutorial nie, okay?) So terloops, my stamnaam in Frankryk was Richelieu.

Lynette ·

Nee genade hoe doen hulle hulle werk dan . Daar moet n manier wees om sulkes vas te trek . Wat van die Honde eenheid doen bietjie dien by die lughawe . Dan kan hulle gevang word voor hulle op die vliegtuig klim .

Hennie ·

Ook maar lekker dom, Sou mos baie veiliger wees om met die goed te ry Kaap toe as om op ‘n lughawe te gaan met die goed?

san ·

Vraag is hoe het sy dit reggekry om dit deur te kry by Johannesburg lughawe of het iemand haar gehelp! Hoe swak van die lughawens! Hul moet strenger reels en wette toepas op ons lughawens – van vertrek punte tot eindbestemmings van alle passasiers en bagasies.

Sputnik ·

Ons moenie verbaas wees as dit wel in Jhb raakgesien is en die SAPD in Kaapstad daarop attent gemaak is en hulle haar ingewag het nie.

Francois ·

Ek is net bekommerd dat die groot vise wegkom,en alleen die kleiner vissies word gevang en gestraf.

Cecily ·

Ek wil ook weet hoe het sy van Jhb na kaap gevlieg met die goed sonder dat dit opgetel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.