Vrou op Moorreesburg-plaas aangeval

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn 62-jarige vrou is Woensdag op ʼn plaas in die Moorreesburg-omgewing in die Wes-Kaap aangeval.

“Die polisie kan bevestig dat die slagoffer die oggend deur twee onbekende mans oorval en gedreig is,” het lt.kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, Donderdag aan Maroela Media gesê.

Traut het gesê die aanvallers het met huishoudelike ware van die toneel gevlug.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Na wat verneem word was die vrou glo alleen tuis ten tyde van die aanval en geen ernstige beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lara ·

Nou wil Ramaphosa hê wit boere moet bly. Nee wat hoeveel aanvalle en moored gaan daar nog wees op wit plase voor ons simple Regering gaan bykom. Hulle voel niks vir ons nie. Sterkte aan die vrou dis baie traumaties.

Selfbeskikking ·

Ons soek ons eie land waar ons ons eie burgers sal beskerm teen misdaad want vir die anc is misdaad iets wat beloon word. Dis tyd vir selfbeskikkingsgesprekke, dis al oplossing.

Trek asb Australie toe ·

JANEE en dan se MEV SISULU die wit boere in SA het NIKS OM TE VREES NIE . ja net hulle LEWENS ne? Trek asb Australie toe mense . voordat hierdie geleentheid verbygaan . JA ek wee baie boere sal se ONS KANNIE TREK NIE, wel probeer ten minste .. doen aansoek . jy sal NOOIT weet voordat jy nie probeer het nie !!! VAT DIE KANS!

Haan ·

Trek gerus. Ek bly. Hierdie is my land. Die Here het beskik dat ek hier gebore word, en daarvoor is ek dankbaar. My bloed en my voorouers se bloed is in hierdie land. In hierdie grond. Dis die reuk van kraalmis in die oggend. Dis n afrikaanse psalm op n Sondag oggend. Dis die drie susters in die Karoo nag. Dis die roep van n visarend langs die Limpopo. En daar word vir my gesê ek hoort nie hier nie. Ek weet ek hoort hier. Hier is ek tuis. Ek vertrou my God om my en my kinders te beskerm in hierdie land. Ek verstaan dat daar mense is wat nie so voel nie… Maar ek weet ook, daar is baie wat soos ek voel, en ek sien uit om die toekoms saam met hulle aan te durf.

Gerrit ·

Elke dag word n wit persoon in die veiligheid van sy huis vermoor of aangeval en dit deur aanvallers wat die presedent verwys as “our people” en dan is hulle verontwaardig oor Australië hulle ontferm oor die slagoffers

Uvonka ·

En dan is dit nou “fine” ??????? Geen woord sal weer hieroor gerep word nie. Ek is baie bly die dame is fisies ongedeerd maar emosioneel sal dit haar altyd bybly! Ai tog, so tragies!

Willie ·

Dis verbitterend om te sien hoe het die ANC die lad opgeneuk… n Rommelstatus van moord, roof, grype, leuns, lee beloftres, die rand, mens besef nie aldag hoe groot die gevolge regtig is nie!

Anke264 ·

Jy is uiters gelukkig om ongedeurd te wees Mev. New Zealand soek ook boere, immigreer mense, hierdie skip sink vinniger as wat jy kan swem.

zoom zoom ·

Jare terug was daar gesê ” Wie moet ons bedank? Boland bank”. Nou huidiglik moet ons die ANC – EFF – BLF bedank.

Groottrek2 ·

Ons moet in massas uit SA trek na lande waar ons veilig is, wat ons in massas sal akkomodeer, wat ons belasting en kundigheid sal wardeer.

Korrek? ·

Sal my korrekte gebruik van Afrikaans en spelling my van nut wees?

Haan ·

Aan diegene wat so graag wil emigreer: gaan besoek eers Orania en neem dan jul besluit. Die druk op ons volk is soos n nuutgeboude dam wat stelselmatig vol loop. Die diere skarrel na hoër grond of hulle verdrink. So is dit nou ook met ons. Ons moet bereid wees om te trek. Party sê landuit, maar ek, soos ‘selfbeskikking’ en vele ander voel n volkstaat is die stryd werd

Koisan ·

Die ANC jok, dis nie hulle wat oorspronklike inwoners is nie. Grondhervorming behels dat koisan grond kry, en saam met blank staan om eie lande en eie regerings voor te onderhandel. Die ANC begin nou met gru menseregteskendings en ons moet ons eie lande nou kry om onsself te beskerm.

Jo ·

Hoekom moet ons trek? Dis ons land ook. Ons moet net ruggraat kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.