Vrou op Noordwes-kleinhoewe oorval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 57-jarige vrou is Donderdagoggend op ʼn kleinhoewe in die Bokfontein-area buite Brits in Noordwes deur gewapende rowers oorval.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 06:30 gebeur. Die vrou, wie se naam nie in hierdie stadium bekendgemaak kan word nie, het in haar motor geklim toe sy deur vier verdagtes oorval is. “Die verdagtes het haar met ʼn mes gedreig en aangehou. Twee het in die huis ingehardloop, terwyl die ander twee buite gebly het,” het sy gesê.

Volgens Moleko het die verdagtes die kluis se sleutels geëis voordat hulle met televisiestelle, selfone, rekenaartoerusting en juwele op die vlug geslaan het. Die vrou is nie tydens die voorval beseer nie.

“’n Saak van huisbraak word ondersoek. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie,” het Moleko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dave ·

Hulle sal dit net een maal met ant Stienie try! Sy vòu vir hulle!

Winston ·

Al weer net huisbraak! Twak. Dis gewapende roof. Sterkte vir die slagoffer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.