Vrou op Noordwes-kleinhoewe vermoor

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die liggaam van ʼn 44-jarige vrou is Woensdag in haar huis op ʼn kleinhoewe by Silkaatsnek naby Hartbeespoortdam in Noordwes gevind.

ʼn Vriend het glo onraad vermoed toe die vrou nie by die skool opgedaag het om haar kinders op te laai nie. Hy het op haar liggaam afgekom toe hy gaan ondersoek instel het.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad, onder meer aan haar bors. “Verskeie waardevolle items word uit die huis vermis, onder meer ʼn televisie, ʼn skootrekenaar en ʼn selfoon.” Die verdagtes het volgens Moleko ʼn deur oopgebreek om toegang tot die huis te verkry.

Moleko het gesê die polisie vermoed in dié stadium dat twee verdagtes by die aanval betrokke was. Sy wou nie onmiddellik die oorledene se naam bevestig nie.

ʼn Saak van moord en huisroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

JC ·

Jinne, ek is nou hengse moeg vir die nonsens, waar is die patrollies en die wagte???
Sekerlik kan dit nie SO maklik wees nie?

Hein ·

Wagte en patrollies kos geld en as jy nie geld het nie is jy nogal uitgelewer aan die kriminele. O ja dit is so maklik om aangeval te word.

Savethetigerplz ·

Wanneer hou dit dan op?? Hoeveel nog?? Doodstraf!!

Marianne ·

Is niemand meet veilig nie?
Ons huis lyk al erger as Pollsmoore gevangenis, dis die feedings en hekke en nog hekke en honde en alarms….
Hoe beveilig mens jouself? Hoe beskerm jy jou kinders?
Booswigte, moordenaars en verkragters loop vrylik rond.
Ons sit toegesluit!!!
Ek voel so jammer vir haar kinders ek breek vir elke gesin en hulle naasbestaandes wat die moordenaars geraak word.
Bring asseblief die doodstraf terug en help ons Om weer vry en veilig te wees.

Flibo ·

Dis lelik om dit te se, maar ons raak al gewoont daaraan. Ons lees bykans elke dag hiervan en as ons dit klaar gelees het gaan ons maar net aan met ons daaglikse dinge, TODAT DIT JOU RAAK. Mense ons sal moet ophou net lees hiervan en iets begin doen daaraan om dit te stop. Hulle moor ons afrikaner volkie nou met n spoed uit !!!!!

Andrea ·

Maar wat kan ons doen? Asb, sê my en ek sal dit doen. Ek probeer myself en my gesin beveilig. Gaan nêrens sonder my rewolwer baie naby aan my regterhand nie. Maar wat kan ons doen aan die groter prentjie? Ek stel ook wagte en patrollies voor, maar wie gaan dit organiseer en bedryf?

JC ·

Dit is so bitter waar wat jy se. Waar is Afriforum/Afrisake vir help?
Dis ‘n noodkreet om hulp!!

Joann ·

Doodstraf die oplossing maar???? Zuma sal dit mos nooit toe laat nie.

JC ·

Hi daar Joann, dit gaan nie daaroor nie. Met respek jul mis die punt: die doodstraf is ongrondwetlik verklaar in terme van die interim Grondwet, 1993. Dienooreenkomstig was die Reg op Lewe ook vervat in die finale Grondwet, 1996. Eenvoudig gestel; mag die staat nie jou lewe neem nie. Ek moet egter se: dit is uiters ironies; die reg op lewe-waar was dit van toepassing op die arme vrou!! Daarom moet hande in eie boesem gesteek word. Indien ek ledegelde kan betaal aan Afriforum SAl ek ek ook ‘n bydrae maak aan Afrisake om hul in staat te stel die landelike gebiede in sektore op te deel en behoorlik opleiding, wagte en patrollies te stig wat DAG EN NAG kan patrolleer. Geld is duidelik nie die probleem nie, ‘n WIL om iets te doen is. Kriminele met duistere motiewe floreer op ons apatie. ONS BEHOORT ONS TE SKAAM!!! EK SAL SELFS FISIES OOK BYDRAE AS DIT MOET(IN MY AREA). Het iemand anders beter voorstelle. Dit is nie die ideaal nie MAAR DIT IS DIE REALITEIT!! EINTLIK IS WAT BESIG IS OM TE GEBEUR HOOGS ONGRONDWETLIK (REG OP LEWE?????) EN DINK EK DIE STAAT (Kommissaris van POLISIE) MOET AANGEKLA WORD HIEROOR? AFRIFORUM SAL WEET OF DIT MOONTLIK IS. INTUSSEN IS KORTTERMYN OPLOSSINGS ONONTBEERLIK.

Flibo ·

Ai , mense. Dit help nie ons skree ” Doodstraf” nie. Ons weet tog almal dit sal nie terugkom nie. Kom ons doen eerder iets daadwerklik daaraan. Dit word net elke dag erger.

Hein ·

Enige voorstelle wat ons moet doen? Sal jy die span lei wat oplossings soek?

Liefdeskind ·

Met die eerste skop aan die deur moes die wapen van haar lyf in haar hand wees. Bewapen julle self. Dis jou reg om jou familie te beskerm…. niemand ander gaan dit doen nie.

Denise ·

Niks gan gedoen word solank soos die anc die liedjie sing KILL THE BOER dit is vir die moordenaars n uitnodiging om al hulle vieslike dade te doen!!! Without prejudice!!!!

Alien ·

Wat maak die VN hiervan en ander soortgelyke moorde op wit mense?

Willem ·

JC ek is n aktiewe lid by n aksie groep in die Noorde. Probleem is daar is so baie politiek in aksie groepe en as jy net probeer om bystand of patrollies vrywilliglik en sonder vergoeding te probeer ry in ander areas, is jy in die moeilikheid. Ek bied my hulp vrywilliglik aan in die area waar ek gebly het en vanaf nou verhuis het maar ander patroleerders waarmee ek voorheen saam patrollies gery het “vriende” wil my nou nie meer in die area he nie omdat ek nie meer daar bly nie en volgens hulle n risiko sou wees vir die gemeenskap. Hoe belaglik wil jy nou nog wees. Daarom word baie gewiliglike patrollie lede verloor deur egoistiese mense in ons eie gemeenskappe en crime die oorhand in die gemeenskappe kry.

JC ·

Hi Willem, baie dankie vir jou terugvoering. Dit word opreg waardeer! Dit is ‘n tameletjie ne, DIE APATIE. Intussen word onskuldige mense MET KINDERS voor die voer vermoor…my ondervinding is dat die moorde in landelike gebiede en kleinhoewes nie so erg voorkom in die Vrystaat nie. DIT IS BAIE, BAIE ERG IN GAUTENG (Krugersdorp) en BRITS, maar nee “ons speel in die komedie mee geblinddoek met ‘n lamfer-lap”!

Theresa B ·

Hoe verskriklik. Waar gaan alles eindig. Die doodstraf MOET teruggebring word!!!!

charles ·

janee so sal ons uit gemoor word!!! Dit hou net nie op nie.

FBrits ·

Apartheid se hoof doel was om die blankes te beskerm teen die tipe mense,die wereld het teen die blankes gedraai en nou kyk hulle ander pad,so hulle is ook skuldig.

Rynhardt ·

DA hou nie van doodstraf nie!Weier om vir jare moorde op boere te veroordeel,maar dan steun talle wittes hul!

Theuns ·

Welkom terug Reinhardt. Stem saam met jou! Ons kan ook byvoeg dat die DA nog nooit die toegang van Buitelanders tot ons land of die moorde wat hulle, die buitelanders, pleeg veroordeel het nie. Dit is tans een van die grootste probleme in ons land maar as jy oor die misdaad praat of dit toelig is dit Zenofobies?

Christene ·

Die doodstraf terug bring? Voel jy regtig veilig met die regters wat nou sit en regter-regter speel?

Tina du Toit ·

Ja nee, kry daai vuurwapen aan jou sy. Na ons aanval loop ek dag en nag met myne. As ons buite is, is hy aan my, hy gaan saam Kerk toe, restaurant toe, oral saam my. Dit kan dalk jou en jou gesin se lewe red, want dit gaan nooit ophou nie.

Liefdeskind ·

Mooi man Tina! Dit is hoe dit moet gedoen word.

Boere het in die 80’s wapens aan hulle permanent gedra. Hoekom het mense se martelgat houdings. Jy en jou familie se lewens is in jou eie hande.

Jakes ·

1 Verdagte vanoggend gearresteer.
Bravo Hartbeespoort polisie.

Joann ·

JC ek is lid van Afriforum. Betaal elke maand ledegeld en ook aan solidariteit. Dit sal nie veel help nie ek se weer bring doodstraf terug. Baie ander lande het dit nog. Galg,elektrisiestoel vuurpeleton enige van dit sal help.

NICKEY VAN NIEKERK ·

LIEFDESKIND:
Jy’s ‘n vrou so na my hart. Wees gewapen..weet hoe om jou wapen te kan gebruik….. Moenie op ander staat maak om jou en jou geliefdes te beskerm nie.
Vergeet van doodstraf,,, 90% van die ANC sal dan binne een jaar van ontslae geraak moet word.

NICKEY

Pieter Steenkamp ·

JC, ek is al vir jare lank betrokke by ons buurtwag in Harties en moet se dis baie suksesvol maar dit verg baie tyd en baie vertroue. Die begin van so n buurtwag moet by verskeie Estates se raad goedgekeur word asook gewone buurte, kos niks is gratis en hoe meer mense inklim om te help en sy plig te doen hoe beter. Jy begin sommer nou n sms groep waar die bure om jou op die sms groep is, en so is almal dadelik in kontak met all gebeure in die dorp. As jul n stappie verder wil gaan kry twee rigting radios wat so R 1300 kos en hou nood stasie oop vir alle gevalle. Ons het baie gevalle in ons areas verminder net deur daai reaksie. Kry n paar mense in die buurt en gaan ry van 9- 11 om die awareness te create en so bou jul hom groter en groter. Vat baie tyd maar jy slaap rustiger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.