Vrou op plaas aangeval, beseer vir selfoon

(Foto: Yolandi Kruger)

’n 52-jarige vrou is Sondag beseer toe drie mans haar op ’n plaas tussen Bloemhof en Christiana in Noordwes oorval het.

Die vrou, wat glo alleen op die plaas woon, was omstreeks 18:15 besig om buite die huis te werk toe die drie mans skielik om die hoek van die kweekhuis op die werf te voorskyn gekom het.

“Hulle het geld gesoek en haar met geweld gedreig,” het lt.kol. Amanda Funani, Noordwes-polisiewoordvoerder, gesê.

Die vrou wou die aanvallers afskrik deur hulle te waarsku dat haar man op pad was huis toe. Hulle het haar selfoon, wat in haar broeksak was, gegryp en te voet van die plaas gevlug.

Weens die merke rondom die vrou se nek vermoed Funani die aanvallers het haar gewurg. Sy het slegs ligte beserings opgedoen, maar is erg getraumatiseerd.

Die polisie ondersoek ’n saak van roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

RyanSA ·

‘n Vrou moenie alleen op ‘n plaas bly nie. Ek kan nie glo dit gebeur nog nie..
Dit is moeilikheid soek. Kry jou seun of ‘n man in jou familie om daar saam jou te woon..

DieKriek ·

RyanSA, ek woon ook sedert 2012 alleen op n plaas na my man se dood. Daar is niemand wat saam kan bly nie en daar is ook nie plek vir so iemand nie. Mens kan nie bekostig om te trek nie want die grond is nie genoeg werd om iets anders te kry nie. Maklik vir jou om te praat maar mense se omstandighede verskil.

isabelle ·

aaaai die gemors waarin ons ons bevind hou net nie op nie want die skelms moordenaars en sadiste kom alewig weg

Pieter J ·

Ek dink hierdie vrou moet dankbaar wees dat sy lewendig daarvan afgekom het. Alleen op ń plaas sonder enige veiligheidsmaatreëls!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.