Vrou op plaas deur weerlig getref

Argieffoto (Foto: ELTC, Pixabay)

ʼn 49-jarige vrou is dood toe sy Vrydagmiddag op ʼn Vrystaatse plaas deur weerlig getref is.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 16:30 op ʼn plaas buite Ladybrand plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel aankom, het hulle die vrou op die grond aangetref. Sy was met ʼn kombers toegemaak,” het Van Huyssteen gesê.

“Die vrou het erge brandwonde aan die voorkant van haar liggaam opgedoen.”

Van Huyssteen het gesê die vrou het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die omstandighede rondom haar dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Wie gaan hulle aankla vir haar dood, want hulle wil dit mos ondersoek? Oe-eh-eh.

Pieter ·

Oor twee maande dan sal hulle die oorsaak bekend maak,”n slang het haar gepik”.

Alwyn Vorster ·

Dit bly steeds vir my ‘n bron van konstante verwondering dat soveel klem gelê word op mense se ouderdomme tydens beriggewing. Sou die weelig byvoorbeeld nie iemand getref het as sy nie 49 jaar oud was nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.