Vrou op plaas in Oos-Vrystaat aangeval, verkrag

(Foto: SA Polisie)

Die polisie is steeds op die spoor van ʼn man wat ʼn vrou Donderdagaand in haar plaashuis in die Oos-Vrystaat oorrompel en verkrag het.

Riaan Corbett, die veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat-Landbou in die Fouriesburg-distrik, het gesê die polisie en landelike beveiligingspan is omstreeks 19:30 na die huis ontbied.

Die vrou het na bewering probeer terugveg. Sy is onder meer gewurg en het verskeie kneusplekke in die aanval opgedoen. Sy is vir behandeling geneem, maar is na verneem word reeds ontslaan.

In dié stadium lyk dit nie of enigiets uit haar huis gesteel is nie.

Die vrou woon meestal alleen op die plaas. Sy boer nie self nie en verhuur die grond.

Die aanvaller het ná die voorval op die vlug geslaan en die werf is gefynkam vir enige leidrade wat die polisie op sy spoor kan sit.

Konst. Puleng Lebakeng, polisiewoordvoerder, het gesê die aanvaller is steeds op vrye voet.

Gisteraand se aanval kom boonop kort ná die moord op Mienie Frost (72), ʼn bejaarde boervrou van Bethlehem. Frost is vandag begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dan ·

Plaasaanvalle is ‘n WERKLIKHEID.
Aanvalle op Boere is ‘n WERKLIKHEID.
Aanvalle op blankes is ‘n WERKLIHEID.
Plaasaanvalle en -moored is aan die toeneem – dit is ‘n WERKLIKHEID.

NEEM KENNIS. WERKLIKHEID BETER VINNIG INSKOP SODAT DAAR DAADWERKLIKE MAATREELS DEUR REGERING BESKIKBAAR GESTEL WORD EN HIERMEE AFGEREKEN KAN WORD.

So jammer vir die kort-op-mekaar voorvalle in die mooie Oos-Vrystaat, woon self in die Oos-Vrystaat. Gebede is verseker ‘n behoefte!

Kokkie ·

Ek is regtig baie bekommerd oor vroue wat alleen op plase of hoewes bly. Hulle is doodeenvoudig sagte teikens.

JohanR ·

En soe word ons een vir een maar net misdaadstatistieke in die Nuwe Suid Afrika….. Raak soe kwaad, wil self ook net iets pleeg op die ou!

Renee ·

Ek wil net weet waar is ons mnr die President of is hy land uit of………….

Gilgal ·

Moenie ‘n fout maak nie.
Om boere stelselmatig uit te Moor, was nog altyd die plan. Wanneer die president van “our people” praat, is dit tog duidelik dat hy minderheidsgroepe uitsluit.
Ons het reeds alles verloor, leef, dink en beplan so, maar moenie roekeloos wees nie.
Voeg jou stem by organisasies wat selfbeskikking probeer.
Lees Miga 2.

Willehond ·

Dit sal nie met my gebeur nie sindroom!! Ons moet baie vinnig wakker word!

Koos de Meyer. ·

Ons President was vandag by die taxi bestuurder wat dood geskiet is deur ‘n dwelmsmous. Vergeet van besoek ons tel nie.

Pottie ·

Dit is omdat terroriste die land best mense hulle het nie n saak met ons blankes nie en ons gaan ook nooit wakker skrik nie

elna ·

Ek gaan n klip in die bos gooi. Hoekom daar steeds vrouens alleen op plase boer, vir welke rede ookal, gaan my verstand te bowe. Ons leef in n abnormale Suid-Afrika. Waar is dié vrouens se kinders wat haar kan beskerm deur haar te oortuig dat sy nie alleen kan bly nie? My kinders sal nooit toelaat dat ek alleen selfs in my huis bly nie, wat nog te sê n plaas? Dis ongelukkig die werklikheid, dis soos mense wat met hulle motorvensters oopry. Alle motors het lugversorging, hoekom die misdadigers n maklike rede gee om net hand in te steek en jou aan te hou? Verstaan mooi: ek is bitter jammer vir daardie vrou…..jammer dat sy verplig gevoel het om alleen te bly.

Gaitsigubib ·

Wil jy nie asb my vriend se ma se plaas gaan koop nie of selfs net n huis aan haar beskikbaar maak. Ek hoor sy wil graag dorp toe trek.

hercu ·

en dan vra die arogante agbare pres C Ramaphosa verskoning op Mugabe se begrafnis vir geweld in SA

wat ‘n klug :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.