Vrou op plaas tydens aanval geskiet, glo verkrag

Argieffoto

ʼn 44-jarige ma van drie het met ʼn koeël in haar lae rug saam met ʼn man wat haar na bewering op ʼn plaas buite Hankey in die Oos-Kaap pas aangeval en verkrag het, na ʼn kitsbank gery sodat hy geld uit haar rekening kon onttrek.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het Maandag by navraag aan Maroela Media gesê die voorval Vrydagaand net voor middernag plaasgevind.

“ʼn Verdagte het na bewering toegang tot die huis verkry deur verskeie skote deur ʼn glasdeur te skiet. Die vrou was tydens die voorval alleen tuis saam met haar minderjarige kinders en is in die skietery gewond,” het Swart gesê. Die vrou se man was na bewering op ʼn jaguitstappie ten tyde van die voorval.

Swart het gesê die verdagte het die vrou in haar voertuig na ʼn kitsbank in Hankey geneem om daar geld te gaan onttrek. “Terwyl die verdagte besig was om die geld te ontrek, kon die slagoffer daarin slaag om met haar voertuig weg te kom. Sy het na ʼn ander plaas in die gebied gery en hulp ontbied.”

Die vrou is ná die aanval na ʼn hospitaal geneem vir mediese behandeling. Sy is intussen ontslaan, maar is erg getraumatiseerd.

Speurders van die Hankey-polisie en beamptes van die provinsiale georganiseerde misdaadondersoekeenheid het sedert die voorval onverpoosd gewerk en kon daarin slaag om Sondag omstreeks 22:30 ʼn 30-jarige verdagte in verband met die voorval in hegtenis te neem.

Volgens Swart is nog ʼn persoon vir ondervraging ingeneem, maar weer laat gaan aangesien die persoon nie met die voorval verbind kon word nie.

Die verdagte moet Dinsdag in die Hankey-landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof, poging tot moord, verkragting, die rig van ʼn vuurwapen, aanranding met die opset om ernstig te beseer, diefstal en ontvoering. Meer aanklagte kan dalk in ʼn latere stadium by die klagstaat gevoeg word.

Die slagoffer se naam mag nie bekendgemaak word nie om haar identiteit te beskerm.

Brig. John Lebok, bevelvoerder van die Humansdorp-polisiëringsgebied, het die span beamptes geloof vir hul harde werk en toewyding wat tot die inhegtenisneming gelei het.

“Ek is tevrede met die vinnige inhegtenisneming aangesien die gemeenskap wat ons dien dit van ons verwag en dit ook ʼn sterk boodskap aan voornemende geslagsgegronde misdadigers stuur dat diegene wat vroue en kinders aanval, nie geduld sal word nie,” het Lebok gesê.

Lebok het ook lede van die gemeenskap bedank wat met inligting na vore gekom het wat die polisie in hul ondersoek bygestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Skokkend ·

POGING TOT MOORD … jullle was vinnig om die kisouens aan te kla vir POGING tot moord en ONTVOERING terwyl die man nie eers ‘n SKRAPIE aan hom gehad het nie en hier word aanranding met die doel om ernstig te beseer ‘n saak gemaak nadat ‘n vrou GESKIET EN VERKRAG IS net omdat die aanvallers die REGTE KLEUR IS?? JULLE IS SIEK MAN!

Pikkewyn ·

Skokkend Ek stem 100%saam met jou!!!
Sal ni verbaas wees as dit n inside job of v hulle eie werkers is ni want hoekom juis op di aand toe haar man ni daar is nie?

jaco ·

Dié mense is siek. Hulle sal met antibiotika behandel word…

Selfbeskikking ·

Ons kan onsself red slegs deur selfbeskikkingsonderhandelinge, dan mag ons onsself weer verdedig.

linda van rooyen ·

vinnige inhegtenisname se voet die vrou sal nooit weer dieselfde wees nie

Andrea ·

Wat help vinnige optrede? Dit moes NOOIT gebeur het nie!!!
Sterkte mevrou. Mag die Here gee dat jy nie skade na die skoot in jou rug oorhou nie. En mag Hy jou wonderbaarlik genees van die ontsettende trauma.

Werner ·

Skade is klaar gedoen dit lyk ook nie of aanvallers hulle juis dood skrik vir die polissie se boodskappe nie as ek dit nie mis het nie was daar nog n aanval in die oos Kaap na hierdie een

Attie ·

snaaks ek lees huis roof maar niks van plaas aanval nie lyk my dis die regeering wat nou eerder die sake so oopmaak dat dit nie te erg lyk vir die buite wereld nie

Andrea ·

Afriforum, VF+, ek hoop julle bly in kontak met jul internasionale kontakte. Hou hul asb op datum van hierdie gevalle wat plaasgevind het sedert die internasionale reaksie op wat hier aangaan. Pkeks van afneem, neem die aanvalle op wittes toe. Malema/ANC het seker die opdrag gee om die wittes te straf oor hul gaan klik het.?

$ ·

Andrea, jou laaste sin is baie skerp (skerp met ‘n traan ?) en slaan die spyker op die kop.

Rynhardt ·

Vrouens op plase en stedelike gebiede,julle sal jul moet bewapen!Hul sal alles doen in hul vermoe om vrouens te verkrag en te verneder in hierdie chaotiese tydperk wat voorle.Wees ten alle tye op en wakker!

HPV ·

Dra ten alle tye ‘n vuurwapen aan jou. Vir mense wat langbroeke of denims dra, ‘n goeie enkelholster van egte leer pasmaak vir jou vuurwapen. So ‘n holster kos tussen R600 en R800. Dit is baie gemaklik, na ‘n week is jy gewoond daaraan. Ek besit ook skouer en belt
holsters maar verkies die enkelholster bo die ander vir gemak.

CJ ·

My gebede gaan uit na hierdie vrou, haar man en kinders. Ons ken nie al die omstandighede nie en moet oppas vir klippe gooi. Ek glo haar man gaan homself genoeg kasty omdat hy nie daar was toe sy vrou beskerming nodig gehad het nie, dus is dit nie nodig dat ons hom verder “blame and shame” nie.

Alida ·

Dit is baie tragies. Sommige kommentare maak mens siek veral as dit vanuit n veiligheidskompleks gestuur word deur mense wat nie n idee het wat op n plaas en sy mense aangaan nie. Ai tog.

. ·

Wat vir my baie erg is – daardie aanvaller het haar seker gedwing om die arme drie kinders alleen op die plaas te los terwyl hy met haar weggery het? Kan mens jou indink deur watter trauma daardie kinders en die ma is?? Wat moes alles nie deur haar gemoed gegaan het terwyl hul wegry en die kinders op die plaas agterbly en sy nie weet of sy gaan terugkom nie?

Wie weet wat hy nie met haar sou maak as sy nie daarin geslaag het om weg te jaag terwyl hy by die kitsbank besig was nie? Sou sy ooit lewendig ander kant uitgekom het??

Dankie Here vir daardie genade-oomblik toe sy daarin kon slaag om weg te jaag; dankie dat hy haar nie met die pistool gedwing het om die geld te trek nie maar besluit het om dit self te doen. Dankie dat daar in daardie verskriklike wrede oomblikke ook genade was …

Mevrou, ek bid vir jou. Mag die Here jou stukkende hart weer heelmaak.

Francois ·

Dis lewensbelangrik dat huisgesinne, hetsy dit in die stad, dorp, klienhoewe of plaas is, gesels oor die aspek en n noodweer plan vir die huis saamstel.
Baie ouers werk laat en kom donker tuis – weet die kind(ers) wat om te doen as daar ongewenste elemente opdaag tuis? Weet die huisvrouens wat om te doen as die man dags by die werk is en daar kom booswigte tuis aan? Weet die boervrou wat om te doen as haar man in die land is of in die dorp is en dit gebeur? Wat is JULLE plan van aksie? Het jy ‘n veiligheids kamer in die huis waar vrou en kinder (en jy) julleself kan toesluit?

Mens kan nie n ma/vrou of man/pa blameer as so iets gebeur terwyl een van die twee nie tuis was nie. Ons gejaagde en materiele lewens verg ongelukkig dat ons geliefdes een of ander tyd alleen sal moet los.
Wat mens wel vir jouself kan vra is of jy alles in jou vermoe gedoen het om jou en jou gesin se veiligheid eerste te stel, ongeag of jy-self tuis is of hulle alleen tuis is?

Dis sieklik dat ons so moet lewe, maar dit is ongelukkig die realiteit en dit gaan nie vinnig weggaan nike – inteendeel… Wat jy daaraan doen en hoe goed jou voorbereiding en verweer gaan wees sal op die dag as so iets na jou kant toe kom bepaal of jy en joune lewendig of nie daar uistap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.