Vrou op snelweg doodgery

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Voetganger is dood en drie vroue beseer in ʼn ongeluk Vrydag op die R24-snelweg in Kempton Park aan die Oos-Rand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het in die middag by die toneel opgedaag waar hulle die voetganger, ʼn vrou in haar 30’s, in die vinnige baan van die snelweg aangetref het.

“ʼn Ligte voertuig het ʼn kort afstand verder stilgestaan. Paramedici het die voetganger ondersoek. Niks kon vir haar gedoen word nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Drie vroue, wat in die voertuig was, het geringe beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na die Life Roseacres-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie was op die toneel en die nodige ondersoek word van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wurmpie ·

Voetganger op snelweg? Ek wonder maar net wat sê die padreëls

snoefie ·

die padreëls is onderhewig aan die land (of anc,) reëls. dit sê mense van die meerderheidsgroep word alles veroorloof

Andrea ·

Jy slaan die spyker op die kop. Wette en reëls is Westerse konsepte wat nie op mense in Afrika afgedwing moet word nie. Dit geld dus ook nie vir mense van Afrika nie. Elke reël of wet kry inderwaarheid die middelvinger van baie van die land se inwoners.

Hanna Hoekom ·

Dis nie net voetgangers op snelwee nie, maar ook bokke en beeste. Gaan ry maar op die N2 naby Kaapstad se lughawe. Baie gevaarlik!

Lientjie ·

Daar is borde op die snelweg wat sê voetgangers word nie toegelaat op die snelweg nie dit is teen die padverkeer reels. Ek het gister weer so ‘n bord gesien.

JSG ·

In Kaapstad op die N2 mense sien die snelweg oorsteek te voet terwyl daar ‘n voetganger brug ongeveer 5m van hulle is.

JSG ·

In Kaapstad op die N2 mense sien die snelweg oorsteek te voet terwyl daar ‘n voetganger brug ongeveer 5m van hulle is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.