Vrou op snelweg van meer as R100 000 beroof

Argieffoto: https://pixabay.com

Wat het ʼn vrou met ʼn klein fortuin kontant by haar gemaak? En hoe het die rowers daarvan geweet?

Dít is van die vrae wat Johannesburg se polisie in hul ondersoek sal moet beantwoord nadat ʼn vrou Saterdag op die M1-snelweg by Booysens, nagenoeg 4 km suidwes van die middestad, van meer as R100 000 beroof is.

Die misdaad het helder oordag plaasgevind en tot ernstige verkeersopeenhopings aanleiding gegee, berig EWN.

Volgens Wayne Minnaar, woordvoerder van Johannesburg se metropolisie, is niemand nog in hegtenis geneem nie. “Sy het beheer oor haar voertuig verloor nadat die misdadigers op haar geskiet het en teen ʼn paal vasgery.”

Die verdagtes het haar van meer as R100 000 beroof en op die vlug geslaan. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pieterv ·

Daar is meer gate in hierdie storie as in my tuinhandskoene!!

Joe ·

Iemand gaan niks Kers persente kry nie, en ‘n ander baie!??

AW ·

“Knocker” geval…..
Volg jou van die bank af waar jy die geld getrek het!

Showahed ·

Iemand van die bank het info uitgegee… eenvoudig. Ek was nou die dag by die rooi bank en was amper ‘n uur besig met die dame agter die toonbank… sy moes ‘n paar keer verdwyn vir handtekeninge ens. So daar is baie tye wat hulle SMS’s kan stuur…

Neels ·

Iets klink nie reg nie , is dit ook soortgelyk aan n Welkom tipe saak. Kom ons wag en kyk wat gaan die opvolg berigte oplewer. Wie word gearesteer

Hannes ·

FEITE-99% van gevalle nie bankpersoneel betrokke maar wel……..”SPOTTERS”!

@Hannes ·

Dis baie moeilik om net in ‘n bank in te gaan en daar rond te hang op loer na moontlike teikens, sonder om self ge’spot’ te word. Het onlangs verneem dat selfs kelners by restaurante omgekoop word as spotters van potensiële slagoffers vir motorkapings of roof van juwele en horlosies. SA is ‘n stinkhoop van misdaad, niemand is veilig nie.

Hoc est bellum ·

As jy op my skiet terwyl ek my beursie by my het, gaan ek terugskiet. Ek weet ook hoe, waar en wanneer om myself te verdedig. “I would rather be judged by twelve, than be buried by six.”

Petrus ·

Was dit haar geld of iemand anders se geld? Maklik om te laat weet dat die besigheid se geld gebank gaan word, kom beroof my.

Jozi ·

Ek lees nie dat sy geld by die bank getrek het nie.
Die gewone ou op straat ry rond met ‘n paar rand in die gatsak.
Vir ander is R100 000 dalk maar die norm.
Gold Reef City is hoeka in daai omgewing……

Gert ·

Wie de hoenders ry met so baie geld rond. Weet sars hiervan. Inside job of versekering scam

Wonder ·

Wie’s te sê dit was ooit haar geld? Sy is dalk ‘conveniently’ mis geskiet en beroof om n deel van daai R100 000 te kry…

J. van Rensburg ·

Kersfees lê voor die deur en die belhamels moet mos ook “iets hê om saam met die belastingbetalers ‘krismis’ te kan vier….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.