Vrou op wildsplaas deur leeu verskeur

Argieffoto (Foto: Navigator175, Pixabay)

ʼn 22-jarige vrou is Dinsdag dood nadat sy deur ʼn leeuwyfie by ʼn lodge in Hammanskraal, noord van Pretoria, aangeval is.

“Paramedici is omstreeks 11:00 na die toneel ontbied,” het Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Volgens berigte van die toneel is die 22-jarige vrou aangeval en deur ʼn leeuwyfie verskeur.”

Dollman het gesê omstanders het reeds met KPR begin toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die vrou het ongelukkig ernstige beserings opgedoen en sy is dood verklaar.”

Cullinan-polisie was op die toneel. Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie.

Lees ook: [Opvolg] Vrou ‘besig met skoolprojek’ toe leeu haar gryp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Details

Wat het sy in die veld gedoen? Hout versamel, strikke gestel? Of was sy n toeris wat reels verontagsaam het?

PJC

Ja Details ek wonder ook hoe het sy en die leeu bymekaar uitgekom.

Cj

Grondkwessie: As die etnologiese geskiedenis van SA nagevors word, is dit interessant om te merk dat volgens die etnologie daar grootskaalse immigrasie vanuit die noordelike gebiede van Afrika was wat die een kant betref, en grootskaalse immigrasie vanuit Europa wat die anderkant betref. Beide kante het, volgens die etnologie, nedersettings en vestigings oor n wydverspreide geografiese gebied in Suid Afrika gevorm. Die immigrasie suidwaarts uit die noordelike gebiede van Afrika het wel voor die immigrasie vanuit Europa geskied, vplgens etnologiese geskiedenis, maar in beide gevalle het vestiging in Suid Afrika deur immigrasie geskied. Volgens die etnologie was die Khoisan inderwaarheid… Lees meer »

Pop

Mense dink hierdie is mak katte.

vra net

Ai Details en Pop jul kommetaar is uiters on-gevoelig, eerstens my simpatie aan die ma, pa ouma oupa famielie en friende van die slagoffer, LEES die berig sy is nie in die reserve aangeval nie maar by n Lodge, jul onkunde spreek boekdele alle Lodges in die reserve is omhein sy kon een van die honderde werknemers of besoeker by een van die Lodges gewees het ek skaam my vir die ongevoeligheid van party MM lesers hier is a jong mens deur a leeu verskeur en nie een van julle voel a greintjie simpatie maar wys vingers sonder bewyse MM… Lees meer »