Vrou op wildsplaas deur leeu verskeur

Argieffoto (Foto: Navigator175, Pixabay)

ʼn 22-jarige vrou is Dinsdag dood nadat sy deur ʼn leeuwyfie by ʼn lodge in Hammanskraal, noord van Pretoria, aangeval is.

“Paramedici is omstreeks 11:00 na die toneel ontbied,” het Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Volgens berigte van die toneel is die 22-jarige vrou aangeval en deur ʼn leeuwyfie verskeur.”

Dollman het gesê omstanders het reeds met KPR begin toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die vrou het ongelukkig ernstige beserings opgedoen en sy is dood verklaar.”

Cullinan-polisie was op die toneel. Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie.

Lees ook: [Opvolg] Vrou ‘besig met skoolprojek’ toe leeu haar gryp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Details ·

Wat het sy in die veld gedoen? Hout versamel, strikke gestel? Of was sy n toeris wat reels verontagsaam het?

Piet Snot ·

Jy’s darem lekker gevoelloos, Details.
Dit was ‘n mens daai!

PJC ·

Ja Details ek wonder ook hoe het sy en die leeu bymekaar uitgekom.

Cj ·

Grondkwessie: As die etnologiese geskiedenis van SA nagevors word, is dit interessant om te merk dat volgens die etnologie daar grootskaalse immigrasie vanuit die noordelike gebiede van Afrika was wat die een kant betref, en grootskaalse immigrasie vanuit Europa wat die anderkant betref. Beide kante het, volgens die etnologie, nedersettings en vestigings oor n wydverspreide geografiese gebied in Suid Afrika gevorm. Die immigrasie suidwaarts uit die noordelike gebiede van Afrika het wel voor die immigrasie vanuit Europa geskied, vplgens etnologiese geskiedenis, maar in beide gevalle het vestiging in Suid Afrika deur immigrasie geskied. Volgens die etnologie was die Khoisan inderwaarheid die enigste werklike inheemse groep in Suid Afrika, voordat die immigrasies vanuit die noordelike gebiede van Afrika en vanuit Europa plaasgevind het. Laat mens in diepe bepeinsing oor wie nou eintlik ware etniese besitreg in Suid Afrika het. Maroela Media, gaan gerus die etniese feite soos genoem na, en laat my kommentaar, wat bloot net my eie goedbedoelde bepeinsing is, gerus weg as u van opinie is dat dit onvanpas is. Dit is n blote bepeinsing met geen intensie om aanstoot te gee aan enige groep of individu nie. Baie dankie.

Elize C ·

Cj, ek dink jy het per ongeluk jou kommentaar by verkeerde berig geplaas, maar nietemin, stem ek 100% met jou saam. Maar nee jong, moet nou nie die regering kom “confuse” met feite nie…..

vra net ·

Ai Details en Pop jul kommetaar is uiters on-gevoelig, eerstens my simpatie aan die ma, pa ouma oupa famielie en friende van die slagoffer, LEES die berig sy is nie in die reserve aangeval nie maar by n Lodge, jul onkunde spreek boekdele alle Lodges in die reserve is omhein sy kon een van die honderde werknemers of besoeker by een van die Lodges gewees het ek skaam my vir die ongevoeligheid van party MM lesers hier is a jong mens deur a leeu verskeur en nie een van julle voel a greintjie simpatie maar wys vingers sonder bewyse MM ons sal a opvolg waardeer op hierdie berig

PIL ·

DIt was ‘n blanke meisie wat besig was met navorsing, het toestemming by die eienaar van die Lodge gehad, sy was besig om in haar voertuig te klim toe die leeu haar oorrompel het. Wees bietjie meer simpatiek as krities.

Lee ·

Ai dis so hartseer. Dankie vir die inligting PIL. Mag sy in vrede rus en sterkte aan haar familie.

Ekke ·

…en ja nou gaan die arme Leeu seker weer van kant gemaak word…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.