Vrou probeer glo haarself en haar twee dogtertjies verdrink

Die liggaam van ‘n 8-jarige meisie, wat glo Maandag deur haar ma verdrink is, is opgespoor.

Die dogter se liggaam is omstreeks 14:45 deur die polisieduikers opgespoor, het sersant Kelebogile Moiloa, woordvoerder van die polisie, gesê. “’n 32-jarige vrou is Maandagoggend omstreeks 09:00 in hegtenis geneem nadat sy glo probeer het om haarself en haar twee dogters in ‘n dam in Tontonyane, Mmabatho, te verdrink,” het Moiloa gesê. Volgens die polisie het die vrou glo na die dam toe gegaan, haar 8-jarige dogter tussen 08:00 en 09:00 in die dam gegooi en toe saam met haar 4-jarige in die dam gespring. “Die polisie is na die toneel ontbied en kon die vrou en haar 4-jarige red,” het hy bygevoeg. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Margriet ·

Sy is siek in die kop hoe kan mens dit aan kinders doen
Neem jou eie lewe los die kinders uit hulle wil aangaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.