Vrou raakgery terwyl sy draf, motoris jaag glo weg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou, in haar vroeë 30’s, is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem, nadat sy Sondagoggend in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval raakgery is toe sy gaan draf het.

Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 08:00 in Bassonia in Johannesburg plaasgevind. “Die vrou het saam met ʼn vriend gedraf toe ʼn motor haar in Comarostraat getref het,” het Dormehl gesê.

Die bestuurder van die motor het glo van die toneel af weggery.

Die vrou het ʼn kopbesering en oop fraktuur aan haar linkerbeen opgedoen.

“Paramedici het haar op die toneel behandel en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Dormehl het gesê owerhede was op die toneel en ondersoek die moontlikheid van ʼn tref-en-trap-ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kaspaas ·

Moontlikheid van tref en trap? As jy weg ry is dit tref en trap.

Moontlik ·

Die liberale wereldsvernietigers is so sag teenoor misdaad, maar ons is klaar met die libs. Klaar. Huylle het ons niks meer tebied nie.

P.C. kemp ·

Ek stem saam Kaspaas. Dit is n tref en trap en nie n moontlike tref en trap nie

Dalk ·

Dalk is dit net tref en trap as dit ‘n blanke bestuurder was, andersins seker net ‘n ongeluk, vandaar die “moontlike” tref en trap

cor ·

Vir seker is dit die laaste wat jy van die ongeluk sal hoor, daar sal nie veel moeite gedoen word om die bestuurder op te spoor nie, toe hulle daar wegry was dit al klaar vergete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.