ʼn Soektog is van stapel gestuur na Morne Olivier, ʼn 42-jarige inwoner van Ceres in die Wes-Kaap en junior bestuurder by Kaap Agri, wat Maandag spoorloos verdwyn het.
ʼn Bekommerde Annalize Olivier, Morne se vrou, het Woensdag aan Maroela Media gesê Morne is Maandag teen 11:38 vir die laaste keer by sy werkplek in De Doorns gesien.
“Hy het aan sy kollegas gesê hy voel nie lekker nie en gaan ry om iets by die apteek te kry. Hy het sy beursie saam met hom gevat, maar sy selfoon by die werk gelaat,” het Annalize gesê.
Volgens Annalize kom haar man gewoonlik saans teen 18:30 tuis. “Die mense by sy werk het my net voor dit gebel en gevra of ek weet waar hy is, want niemand het hom weer gesien vandat hy apteek toe sou gaan nie en sy selfoon het nog daar gelê. Hulle wou weet of hy dalk deurgery het huis toe aangesien hy nie goed gevoel het nie.”
Annalize het dadelik in haar motor geklim en na Morne se werkplek gery waar sy en Morne se kollegas deur kringtelevisiebeeldmateriaal gekyk het. Sy het Morne dieselfde aand by die De Doorns-polisiestasie as vermis aangemeld.
“Sedert hy weggeraak het, was daar nog geen beweging in sy bankrekening nie. Ons kon ook intussen vasstel dat sy motor, ʼn wit Volkswagen Citi Golf met die registrasienommer CT21427, Maandag om 15:10 deur ʼn verkeerskamera buite Oudtshoorn in die rigting van George afgeneem is. Dit is beslis sy voertuig, maar ons kan nie met sekerheid sê of dit hy is wat die voertuig bestuur het nie,” het sy bygevoeg.
Annalize en Morne is al agt jaar saam en drie jaar getroud. Hulle het geen kinders nie.
Morne is groot gebou, het blou oë en kort bruin hare. Hy het ʼn tatoeëermerk aan sy regter bo-arm.
“Ek weet daar is nie ʼn klip wat nog nie omgedop is om Morne te kry nie. Ek kan egter nie beskryf hoe hierdie gevoel is nie. Elke sekonde wat verbygaan is ondraaglik seer. Kan ek asseblief net weet waar my man is. Asseblief, as ons net aanhou soek en bid. Baie dankie vir almal se omgee. Dit word regtig opreg waardeer,” het Annalize gesê.
Dessie Rechner, stigter en direktrise van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om inligting oor Morne se verdwyning wyd op sosiale media te deel met die hoop dat hy vinnig opgespoor kan word. Enigiemand wat weet waar Morne hom mag bevind, word versoek om die polisie by 023 356 4020/1 of Pink Ladies by 072 214 7439 te bel.
Dis baie hartseer !!! JESUS hou vir Morne veilig in U beskermende bloed danjue JES???????
My hart sal dit nooit hou nie Here wil u n weg maak asb
Sterkte vrou ons bid dat hy veilig is. Ons bly in ‘n aaklige wêreld. Kyk net op.
Ek bid dat GOD HOM BESKERM TOT DAT HY GEVIND IS DIT BID EK IN DIE NAAM VAN GOD DIE VADER, GOD DIE SEUN EN GOD DIE HEILIGE GEES – -AMEN
Here hou U Hand oor Morné. Wees U met sy vrou en familie. Ek kan my nie indink wat die mense moet deurmaak nie.
Annalize Olivier & Familie
Mag God saam met julle stap vandag
Mag Hy julle lei in elke tree wat julle mag gee
Mag Hy julle waarsku teen elke verkeerde besluit en of stap wat julle gaan neem
Mag Hy julle dra daar waar julle nie kan loop nie
Mag Hy julle omvou met sy LIEFDE en GENADE
Ons by Agrimark CERES dink aan jou en familie.
Sterkte daar!!!
Mag die Here hom veilig terugbring na sy familie, AMEN!
Probeer onthou in watter geestes toestand jou man was en of hy vreemnd begin optree het so n week of wat gelede voordat hy verdwyn het.
Hy verkeer dalk net onder geweldige druk en probeer sy kop uitsorteer.
As dit dit geval is en hy word opgespoor , maar het sonder enige verduideliking verdwyn hoop ek vir jou part julle kan hierdeur werk.
Ek pleit die bloed van Jesus oor Morne.
Ek bid dat die Here Morne veilig sal terugbring na sy geliefdes. Sterkte Annalize. Sterkte aan sy ouers en familie.
Asb HERE tree in Amen
Bid vir julle. Liewe Hemelse Vader, hou hom veilig.
Maroela, is daar nog geen nuus oor die persoon nie
Onse Vader wees ons genadig asb
Laat U wil geskied Morne en sy geliefdes
het U nodig om U naam ontwil amen.
Is daar nog geen inligting oor vermiste persoon nie Maroela? Hoop regtig hy is veilig
Maak gebruik van Expert Surveillance and Investigations (PTY) Ltd. Hulle is die beste om mense op te spoor.
Julle sal nie verkeerd gaan nie.
Sjoe dit is noual so lank, het iemand al iets gesien of hom gewaar, dalk moet hul staats hospitale vanaf sy werk en in die rigting waarin hy beweeg het ook besoek. Baie baie sterkte aan die vrou.
My gebede gaan uit na jou.. Here bring vir Morne veilig terug na sy vrou en Familie.. mag daar goeie nuus wees. Is daar al enige verdere inligting aangaande sy verdwyning?
Maroela is daar nog geen nuus of hulle hom al opgespoor het nie? Ons bid vir hom en sy vrou sodat hy veilig kan gevind word.