Vrou ry twee dood ná sy glo bewussyn verloor

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Twee mans is dood nadat ʼn 70-jarige motoris glo haar bewussyn verloor en oor hulle gery het.

Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 08:00 op die N1-snelweg in Kaapstad naby Durbanweg plaasgevind.

“Die vrou het glo haar bewussyn verloor en haar motor het die pad verlaat,” het Dormehl gesê.

Die motor, ʼn Toyota Tazz, het oor drie hawelose mans gery wat op die verkeerseiland langs die pad geslaap het.

Toe paramedici op die toneel aankom, was twee van die mans, tussen 30 en 40 jaar oud, dood. Die derde man, in sy 30’s, het die ongeluk met geringe beserings oorleef.

Die vrou het beserings aan haar voorkop opgedoen.

“Albei pasiënte is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.”

Owerhede was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Elzette ·

Hoop dit bring ‘n einde aan bergies wat huismaak in die middel van die N1.

Basjan ·

Dit is onwettig vir voetgangers op op ‘n snelweg te wees. Nietemin, R.I.V. julle twee.

Basjan ·

Dit is onwettig vir voetgangers op op ‘n snelweg te wees. Nietemin, R.I.V. julle twee.

Wanda ·

Dis jammer…ek het n groot jammer gevoel vir hawelose mense of mense wat dit nie breedt het nie. Aaklig om so aan jou einde te kom?

Hanno ·

Oumense moet op sestig en daarna elke vyf jaar vir toetse gaan om te verseker dat hulle nog bevoeg is om te bestuur >:(

Nelma. Jacob's ·

Liewe hanno. Ons’ou,’mense word nes julle bekwame jong mense elke 5 maar hertoets voordat ons lisensies hernu word!

Ai tog ·

Ai Hanno, sy het haar bewussyn verloor en dit kan met enige een op enige ouderdom vir enige rede gebeur. So tragies as wat die ongeluk is, kan mens nie help om te wonder waarom hawelose mense dit goed dink en die risiko neem om op verkeerseiland wat vir die doel van verkeersregulering te slaap nie? Dis mos onprakties, onveilig en daar is mos ander meer gepaste plekke om te slaap?

ZENO ·

Baie ou mense bestuur beter en versigter as die jonger geslag!!!

Pam ·

Alhoewel my hart uitgaan aan die haweloses, is die middelmannetjie en om in middle van die pad te staan en bedel, die gevaarlikste plekke om te wees. Baie van hierdie mense is besope en het sommer net omgeval en daar slaap hulle. Ek het al gesien waar hy behoortlik die sypaadjie bereik het, terwyl sy bene nog in die straat is.

Inge ·

Dit is baie erg wat met die mense gebeur het, maar hulle moes in die eerste plek nie daar geslaap het nie. Hulle moes eerder ‘n plek gekry het wat nie in die middel van die verkeer was nie. Hoe slaap jy op ‘n verkeerseiland? Mens weet ook seker nie wat die regte rede daarvoor is nie.

ou mense ·

Hanno die ou mense maak baie minder ongelukke as die jong manne wat drink en dan so “slim en sterk” is. ☺ Daar is seker statistieke om dit te kontroleer.

die lewe ·

My pa het tot op 81 baie beter bestuur as die meeste veel jonger mense. Dit is nie hulle wat die ongelukke op ons paaie veroorsaak nie. Het jy geweet daar is mense op die paaie met slegs 17 – 23% sig in albei oë en die staat dink dit is goed genoeg? Die tannie het nie besluit dit is ‘n goeie dag om haar bewussyn te verloor nie, glo my sy sal nooit van hierdie voorval herstel nie, die feit dat sy ‘n ongeluk gemaak het en nog 2 mense per abuis doodgery het, sal baie traumaties vir haar wees. Dan die kwessie vd bergies, wel dit is nie regtig onsensitief as ander oor hulle veiligheid bekommerd is nie, hulle hoort nie daar nie, maar dit is hartseer, al was hulle dronk. Ons almal is gou om op ons perdjies te spring oor alles, maar doen absoluut niks daaraan om daardie mense en ander se lewens te verbeter nie. Ons dink ons paar rand wat ons maandeliks gee om mense wat swaarkry te help sal genoeg wees, dit is nie. Ons sus net ons gewetens en beledig en beswadder mense wat opinies het.

Pietser ·

Die interessante ding hier is hoe hulle gaan vasstel dat sy tydens die ongeluk inderdaad bewusteloos was.

Roscha ·

Ironies dat darar nou gese word ‘ou mense moet elke 5 jaar getoets word’ of ‘hoop bergies bly nou van sypaadjies af ens’, het jy geweet dat om jou bewussyn te verloor terwyl jy bestuur KAN op enige ouderdom met jou gebeur! Ek is 46 en ek het ook al my bewussyn agter n stuurwiel verloor of soos ander dit noem ‘blackout’ gehad, So volgende keer voor iemand dalk eers wil slim raak en net ‘ou mense’ wil laat toets, laat jou self maar gereeld toets!

Theresa ·

Kon enige mens oorgekom het. Hoop nie sy word gestraf vir iets waaroor sy absoluut geen beheer gehad het nie. Die Metro kan eerder meer moeite doen om mense wat sit, lê en dan nou blykbaar ook slaap op sypaaie en eilande van paaie te verwyder. Daar is shelters.
Deesdae ‘n gruwel met mense wat by robot in ronde bolletjie gebruig sit in die middle van die paaie op wit streeparea. Wonder wie gaan aangekla word as die mens doodgetrap word? Slegs voetgangers op pad iewers heen, motors en ander voertuie moet op paaie toegelaat word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.