Vrou se eis teen gimnasium onsuksesvol

court-hammer_thumbSuzette Deacon se skadevergoedingseis teen Planet Fitness Holdings is afgekeur nadat sy glo by ʼn gimnasium geval het, het Beeld Donderdag berig.

Deacon (54) van Gordonsbaai, het R600 000 geëis nadat ʼn versperring by die uitgang van die gimnasium in Centurion haar op 2 Maart 2009 teen haar been getref het. Ten spyte van ʼn kennisgewing dat slegs een persoon op ʼn slag deur die versperring kan beweeg, het Deacon reg agter haar seun geloop toe die versperring haar getref het.

Regter André Louw het Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria haar bewering, dat sy nie geweet het slegs een persoon kan deur die hekkie beweeg nie, verwerp. Haar eis is met koste van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adri ·

Ag sy wou nou weer vinnig ryk word…. Kan sy nie lees nie, of wat? As sy die saak gewen het gaan ek ook deur daai versperrings loop…. dink net dan kan ek op hou werk…..haha hoop haar been is nie erg beseer nie, want R600 000 is baie vir n stampie….

Elizabeth ·

Ons moet tog nou nie soos die Amerikaners begin raak wat vir elke liewe ding in die lewe hofsake maak en wil eise insit nie. Dis skoon ‘n stokperdjie daar anderkant en so-iets ruk sommer gou hand-uit! Lank gelede het ‘n vriendin se dogter by een van hierdie sg “summer camps” gaan werk ind ie VSA en sy het die ouderdomme van so 7-11 gehad as ek reg onthou. Die eerste dag sê die een knapie vir haar “My dad said if I get hurt in any way he will sue you!” Sy was skoon op hol vir ‘n dag of twee want hulle doen allerhande fisiese goeters met die kinders, dis mos ‘n somervakansiekamp en moet hulle hul goed besighou! Ja…dis hoe dit gaan!

Sollie ·

Sies man, Bets, dames gebruik nie daardie woord nie – en dit nog op ‘n openbare forum!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.