Vrou se erg ontbinde lyk tussen riete gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die erg ontbinde liggaam van ʼn onbekende vrou, vermoedelik in haar laat 20’s, is tussen riete naby Potchefstroom in Noordwes gevind.

Maj. Pelonomi Makau, provinsiale woordvoerder, het gesê die vrou se liggaam is Woensdag in die Ikageng-township gevind.

“Dit is nog nie duidelik hoe lank haar liggaam daar gelê het nie. Die oorsaak van haar dood is ook nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word,” het Makau gesê.

Die vrou het ʼn blou denimbroek en swart sweetpakbaadjie aangehad toe haar liggaam gevind is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.