ʼn Vrou wat vermoedelik verstandelik gestremd is of demensie het, is tans in die sorg van ʼn barmhartige samaritaan in Johannesburg wat dringend op soek is na haar familie.
Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het Vrydag aan Maroela Media gesê die vrou, wat haarself Carole Perkins noem, sê sy is 64 jaar oud en is op 9 September 1949 gebore.
“Die persoon het haar op 19 Mei ingeneem,” het Rechner gesê. “Sy het dae lank by die Cresta-winkelsentrum rondgedwaal en het in die aande by ʼn vulstasie en McDonalds-restaurant by Northcliff Corner geslaap of gesit.”
Sy het ʼn wit handsak en ʼn paar Pick n Pay-sakke by haar gehad toe sy ingeneem is. Sy het ʼn grys broek en baadjie aangehad. “Sy het haar gesinslede as Brenda Perkins, Cathy Perkins en Dave Perkins uitgeken.”
Mense met meer inligting oor die vrou word versoek om Rechner by 072 214 7439 te bel.