Vrou se gesig vergruis ná aanval buite kroeg

WAARSKUWING: Foto’s in die onderstaande berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Elzaan Smit soos sy gelyk het voor die aanval. Foto: Verskaf

Elzaan Smit soos sy gelyk het voor die aanval. Foto: Verskaf

ʼn Vrou van Bela-Bela in Limpopo is in ʼn ernstige toestand in die Dr George Mukhari-hospitaal in Pretoria nadat sy met ʼn betonblok aangerand en haar gesig vergruis is.

Irma Genis het aan Maroela Media gesê haar vriendin, Elzaan Smit (41,) is die aand van 13 Junie buite ʼn kuierplek in Bela-Bela oorval en aangerand. Volgens Genis het Smit die aand huis toe gestap van die kroeg af, omdat sy baie naby aan die kroeg gebly het.

Buite in die straat is sy glo deur ʼn man oorval wat haar met ʼn betonblok geslaan het. Smit kan nie onthou wat verder gebeur het nie. Sy is die volgende oggend in ʼn sloot langs die treinspoor aangetref.

Haar gesig was heeltemal vergruis, het Genis gesê. Smit se oogbanke, neus en kakebeen is gebreek en haar kop was vol snye. Sy het ook een van haar oë verloor. Sy het sedert die voorval reeds twee operasies in ʼn provinsiale hospitaal in Polokwane gehad en is Donderdag na die hospitaal in Pretoria oorgeplaas waar rekonstruktiewe chirurgie op haar gesig gedoen sal word.

“Elzaan was ʼn haarkapper, maar sy sal dit nooit weer kan doen nie. Dit gaan so sleg met haar,” het Genis gesê. “Sy vra heeltyd hoekom dit met haar moes gebeur. Ek dink nie sy sien kans om aan te gaan met haar gesig wat nou so lyk nie. Sy wil nie meer lewe nie.”

ʼn Man is glo intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem en het reeds in die Bela-Bela-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte insluitend poging tot moord. Hy is glo op borgtog vrygelaat. Maroela Media wag nog vir kommentaar van die polisie.

Genis het ʼn fonds gestig om met Smit se mediese uitgawes te help. Bel haar by 076 192 7025 vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Poppie ·

Voel so jammer vir die dame, maar dit is nie eers meer veilig vir n mens om in daglik net buite in jou eie erf te wees nie, wat nog te sê van in die aand van ‘n kroeg af. Volgens my is dit onverantwoordelik. Ons leef nie meer in die 19de eeu nie. Dit is die 21ste eeu waar amper alles en almal boos is…

annette ·

Uit op parool? Wat ‘n grap is ons stelsel tog nie.
Wat keer hom om dit weer te doen. As ek kyk hoe hy haar verniel het is dit beslis nie ‘n mens nie.

Anita ·

Liewe hemel, kyk hoe lyk die vrou,!

Dis baie erg. Sjoe, sterkte vrou.

Berhalet Beukes ·

Baie, baie sterkte vir jou Elzaan. My gebede is met jou en ek hoop vir ‘n spoedige herstel! Ek is só jammer dat jy traumatiese ervaring moet deurgaan!

Anita Zondagh ·

Wit- of Swartman? Hoekom is dit ‘n staatsgeheim? Hoekom mag ons nie weet nie, dis nonsens!

ilze ·

Gaan lees die berigte in die Die Pos koerant oor die voorval

Magda Blom ·

Woorde en meer ontbreek oor die afgryslikheid….hoeveel meer nog en hoe, waarheen???

Magda Blom ·

Die wreedste, ongenaakbaarste wreedheid van mense teenoor jou naaste – hoever kan dit nog aangaan? Is onbeskryfbare magteloosheid! Woorde ontbreek!

pop ·

Elzaan jy gaan weer mooi lyk meisie, Hou net moed.!!!Daar is Dr’s wat wonderwerke verrig, kyk net vir Pippie. Maar wat doen n mens met die sielkundige skade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.