Vrou se halfnaakte lyk in Centurion gevind

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van ʼn halfnaakte vrou is in die veld langs die R55 naby Olievenhoutbosch in Centurion opgespoor.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê ʼn verbyganger het die liggaam gesien en die polisie ontbied. “Beamptes het haar halfnaakte liggaam in die veld aangetref,” het Moloto gesê. “Sy het ʼn opsigtelike steekwond aan haar keel opgedoen.”

Die vrou is vermoedelik tussen 20 en 25 jaar oud.

“Die rede vir haar moord is nog nie bekend nie, en sy is nog nie geïdentifiseer nie. Die moontlikheid dat sy verkrag is, word ook ondersoek.”

Die liggaam is vir ʼn nadoodse ondersoek gestuur.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.