Die KwaZulu-Natal-polisie is op soek na ʼn man wat oor die naweek glo ʼn 48-jarige vrou verkrag en haar keel gesny het.
Kol. Jay Naicker het Maandag die gemeenskap van Hopewell in die Thornville-omgewing versoek om die polisie met hul ondersoek by te staan om die verdagte vas te trek. “ʼn Saak van verkragting en poging tot moord word ondersoek,” het Naicker gesê. “Die vrou is Saterdagaand omstreeks 20:00 oorval terwyl sy alleen in haar huis was.”
Die man het glo die vrou se keel gesny nadat hy haar verkrag het. Sy kon daarin slaag om om hulp te skree, waarna die man weggehardloop het. Sy is bewusteloos aangetref en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Volgens Naicker is die vrou tans in ʼn stabiele toestand.
“Enigiemand met meer inligting oor die betrokke voorval word versoek om konst. Nonhlanhla Blose van die Plessislaer-polisie by 033 398 9768 of 071 443 6258 te skakel.”
Mense kan ook Crime Stop by 08600 10111 skakel.
Hoop die gemeenskap kry hom voor die polisie hom kry.