Vrou se kraamnagmerrie in staatshospitaal

odendaalsrus

Vivienne Clarke

ʼn Vrou van Odendaalsrus in die Vrystaat het vir minstens drie dae in ʼn staatshospitaal in kraam gelê omdat daar nie ʼn narkotiseur beskikbaar was om ʼn keisersnee te doen nie.

Vivienne Clark is Maandag deur haar huisdokter na die Thusanong-hospitaal verwys nadat sy in kraam gegaan het. Clark moes glo om mediese redes ʼn keisersnee kry omdat ʼn normale geboorte nie veilig vir haar of die baba sou wees nie.

“Tydens ʼn ondersoek deur die hospitaalpersoneel het hulle my op ʼn tafel laat lê en heeltemal ontbloot voor mans- en vrouepersoneel. Geen doek of laken is oor my gegooi nie. My menswaardigheid tel niks,” het Clark gesê.

Clark is in die hospitaal opgeneem, maar is meegedeel dat die hospitaal nie ʼn narkotiseur het nie en dat hulle daarom niks vir haar kon doen nie. Die familie het glo haar huisdokter gekontak om te vra of hy kan help, maar hy het gesê dat private dokters nie in die hospitaal toegelaat word nie.

Vivienne en Michael Clark se pasgebore babadogtertjie. Foto: Verskaf

Vivienne en Michael Clark se pasgebore babadogtertjie. Foto: Verskaf

Volgens Clark was haar bloeddruk met tye baie hoog, haar hartklop onreëlmatig en het sy deurentyd hoofpyn gehad. “Ek was so moeg en my lyf was baie seer. Ek was baie bekommerd oor my en my baba se lewe. As ek gevra het vir hoofpynpille, het hulle my net Panado gegee sonder dat ek ontbyt gehad het.”

ʼn Narkotiseur is uiteindelik Donderdag na die hospitaal gestuur en Clarke en haar man, Michael, se babadogtertjie is sonder komplikasies gebore.

Johann Hattingh, AfriForum se provinsiale koördineerder van die Wes-Vrystaat, het sy skok oor die voorval uitgespreek en gesê die afwesigheid van ʼn narkotiseur hou ʼn daadwerklike gevaar vir alle pasiënte in. “Die hospitaal kan nie enige noodgevalle hanteer of noodoperasies uitvoer nie. Dit is kommerwekkend om te dink dat daar hospitale in plattelandse gemeenskappe is wat sonder hierdie noodsaaklike diens moet klaarkom,” het hy gesê.

Die hospitaal kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anita

Liewe hemel!! Vat hulle cleaners toe!!

Baie bly Mamma en baba is gesond.

Lindie

en as die ma en baba of enige van hulle twee iets oorgekom het? Dan het die hospitaal ook maar seker net skouers opgetrek? Dis skokkend!!!

Jeanette Raymond

n Hospitaal sonder n narkotuseur is soos n skip sonder n kaptein. Hierdie staatshospitaal Moet Onmiddellik gesluit word. Wie is die superindent van hierdie Hospitaal?

Jeanette Raymond

n Hospitaal sonder n narkotuseur is soos n skip sonder n kaptein. Hierdie staatshospitaal Moet Onmiddellik gesluit word. Wie is die superindent van hierdie Hospitaal?

Sune de meyer

Ek het Januarie geboorte gegee aan ons pragtige seuntjie. Alles het goed verloop maar in my lewe sal ek nooit weer by Bongani hospitaal gaan nie. Daar was heelwat vrouens wat saam met my gele het almal met drips behalwe vir myself. Ek was van die oggend half tien tot die aand elfuur in kraam gewees waar ek moes loop en warm bad om die kraam aan te help. My verloofde en familie mag net met besoek tye by my wees, wat beteken het dat ek in die gange buite die saal moes wees vir ondersteuning. Ek was by Medi… Lees meer »