Vrou se kraamnagmerrie in staatshospitaal

odendaalsrus

Vivienne Clarke

ʼn Vrou van Odendaalsrus in die Vrystaat het vir minstens drie dae in ʼn staatshospitaal in kraam gelê omdat daar nie ʼn narkotiseur beskikbaar was om ʼn keisersnee te doen nie.

Vivienne Clark is Maandag deur haar huisdokter na die Thusanong-hospitaal verwys nadat sy in kraam gegaan het. Clark moes glo om mediese redes ʼn keisersnee kry omdat ʼn normale geboorte nie veilig vir haar of die baba sou wees nie.

“Tydens ʼn ondersoek deur die hospitaalpersoneel het hulle my op ʼn tafel laat lê en heeltemal ontbloot voor mans- en vrouepersoneel. Geen doek of laken is oor my gegooi nie. My menswaardigheid tel niks,” het Clark gesê.

Clark is in die hospitaal opgeneem, maar is meegedeel dat die hospitaal nie ʼn narkotiseur het nie en dat hulle daarom niks vir haar kon doen nie. Die familie het glo haar huisdokter gekontak om te vra of hy kan help, maar hy het gesê dat private dokters nie in die hospitaal toegelaat word nie.

Vivienne en Michael Clark se pasgebore babadogtertjie. Foto: Verskaf

Vivienne en Michael Clark se pasgebore babadogtertjie. Foto: Verskaf

Volgens Clark was haar bloeddruk met tye baie hoog, haar hartklop onreëlmatig en het sy deurentyd hoofpyn gehad. “Ek was so moeg en my lyf was baie seer. Ek was baie bekommerd oor my en my baba se lewe. As ek gevra het vir hoofpynpille, het hulle my net Panado gegee sonder dat ek ontbyt gehad het.”

ʼn Narkotiseur is uiteindelik Donderdag na die hospitaal gestuur en Clarke en haar man, Michael, se babadogtertjie is sonder komplikasies gebore.

Johann Hattingh, AfriForum se provinsiale koördineerder van die Wes-Vrystaat, het sy skok oor die voorval uitgespreek en gesê die afwesigheid van ʼn narkotiseur hou ʼn daadwerklike gevaar vir alle pasiënte in. “Die hospitaal kan nie enige noodgevalle hanteer of noodoperasies uitvoer nie. Dit is kommerwekkend om te dink dat daar hospitale in plattelandse gemeenskappe is wat sonder hierdie noodsaaklike diens moet klaarkom,” het hy gesê.

Die hospitaal kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anita ·

Liewe hemel!! Vat hulle cleaners toe!!

Baie bly Mamma en baba is gesond.

Riaan ·

Ek dink hulle was klaar by die cleaners. Daarom het hulle nie n narkotiseur nie

Lindie ·

en as die ma en baba of enige van hulle twee iets oorgekom het? Dan het die hospitaal ook maar seker net skouers opgetrek? Dis skokkend!!!

Jeanette Raymond ·

n Hospitaal sonder n narkotuseur is soos n skip sonder n kaptein. Hierdie staatshospitaal Moet Onmiddellik gesluit word. Wie is die superindent van hierdie Hospitaal?

Jeanette Raymond ·

n Hospitaal sonder n narkotuseur is soos n skip sonder n kaptein. Hierdie staatshospitaal Moet Onmiddellik gesluit word. Wie is die superindent van hierdie Hospitaal?

GC ·

Waarheen stel jy voor gaan die siek mense dan?
@Maroela: hierdie is maar 1 van 3 gevalle hierdie week.

Sune de meyer ·

Ek het Januarie geboorte gegee aan ons pragtige seuntjie. Alles het goed verloop maar in my lewe sal ek nooit weer by Bongani hospitaal gaan nie. Daar was heelwat vrouens wat saam met my gele het almal met drips behalwe vir myself. Ek was van die oggend half tien tot die aand elfuur in kraam gewees waar ek moes loop en warm bad om die kraam aan te help. My verloofde en familie mag net met besoek tye by my wees, wat beteken het dat ek in die gange buite die saal moes wees vir ondersteuning. Ek was by Medi Clinic in welkom opgeneem vir nierpyp ontstekking en weens die medies wat nie my kraam gedek het nie oorgeplaas na Bongani. Tot en met vandag amper vier maande later het ek iets vir pyn gekry. Die saterdag middag toe ek ontslaan was het die sogenaamde dokter voor my kom staan en gevra sien hulmy Desember weer vir die volgende een. Ek Is nie ondersoek nie( het 20 steke gekry omdat ek geskeur het) wat gelui het dat ek die maandag na my privaat dokter toe moes gaan. Ek is net dankbaar dat niks skeef geloop het tydens die kraam nie. Al waar ek die hospitaal kan prys is vir die suster wat my seuntjie gevang het ek ken nie haar naam nie maar by haar het ek die beste diens nog ooit gekry en sal ewig dankbaar wees aan haar.

plat op die aarde ·

dit is hoekom ek so bang is vir die staats hospitale
ek is in pasient wat nog met in stent in my loop al van
agustus 2014 en dit moet verwyder word , maar ek
is bang ek kom iets oor in die hospital . tans weet ek nie wat
om te doen nie . weet iemand dalk hoe lank kan jy met in
dubbel j stent loop

CHRISTA ·

Dis hoekom ons presidente en ministers nie eers hulle eie mediese dienste vertrou nie!! Wat ‘n skande!! As jy daaraan dink: Grootte Schuur was ‘n staatshospitaal en daar is die eerste hartoorplanting in die wêreld gedoen!!! Nou rafel ons mediese dienste uit soos ons onderwys, kragvoorsiening, ENS, ENS, ENS!!!

Landi ·

My seun is in 2002 in Odendaalsrus hospitaal gebore, ek moes ook n keiser gekry het maar daar was vir my gese daar is niemand wat dit kan doen nie, ek is in die teater ingestoot en daar was vir my gese moenie dink omdat jy die enigste blanke hier is jy gaan voorkeur kry nie, die suster het ook aan my gese skree net en ek los jou hier. Daar was n cleaner wat die vloer in die teater gewas het, syt my kom help om my kind in die lewe te bring. Hulle het nie eers my kind skoon gemaak of sy inenteting gegee nie n vriendin wat saam met my daar was moes dit doen. Daai is n swakf hospitaal kan nie verstaan hoekom hy nog bestaan nie. Daar moet eintlik n ondersoek daar gedoen word. Asb Mnr Zuma maak werk hiervan of tel sulke swak diens nie by U nie???????

Landie ·

Sien my kommentaar word uit gegooi mooi man die waarheid maak seker seer ne

Charne du Plessis ·

Hoe het daardie personeel hulle diplomas gekry?? Dit is ongelooflik!! Gevoelloos en barbaars. Hulle is veronderstel om mense se gesondheid eerste te stel !!

Boerseun ·

Ja Landie ,ek probeer nie eers meer my stellings op Maroela media stel ,Bang vir die Waarheid

Petro ·

Ekt by verre oos hospitaal geboorte gegee aan al2 my seuns en ek moet se ek kon nie kla nie ja dit was bq vuil daar ens maar met my oudste seun was daar komplikasies en hul het my so mooi gehelp sonder n keiser om hom in die lewe te bring seker maar net my lucky day gewees!!!!LOL

Elize ·

Daar is 3 weke gelede ‘n Blanke vrou oorlede, terwyl familie en vriende die hele middag buite onder die bome moes sit, want hulle is glo besig met haar, maar intussen sit dr op die sel en games speel. Later die aand moes die familie uitvind dat sy ‘n hele ruk oorlede is. Sy le daar sonder ‘n draad klere vir almal om te sien. Kan Soldariteit en DA asseblief ondersoek gaan instel na omstandighede en die aangeleentheid na die Parlement toe neem.

Jax ·

Tygerberg, Wes-Kaap. By hierdie hospitaal het my skoonma vreeslik baie vel-kanker plekke laat afvries – haar gesig, hande, arms en bene – Ook n paar op haar rug. Die dokter skryf toe n voorskrif uit vir onderandere, Panado. My skoonma, ( byna 80) is saam met my toe na die apteek. Daar aangekom, het ek haar laat sit en het ek die elle lange rye trotseer om haar voorskrif in te handig. Na 2 ure wag, het sy saggies begin huil van pyn. Ek gaan toe weer in die ry staan om te hoor of ons nie maar solank die Panado’s kan kry nie. Ek is deur die vrou aan die ander kant van die toonbank vertel dat ek nie my blanke- kaart kan gebruik nie. Vir my is vertel dat my wit vel, vir my niks sal help nie. Ek was so geskok!!
Tweede keer wat ek van weet by Tygerberg hospitaal – my stiefpa is deur n pitboel verskeur. Die hond het een van die onder-arm bene vergruis en verder is my pa woes beseer – baie steke nodig gehad in sy gesig en sy arms. Sal ons toe nie die volgende oggend hoor dat hy in die gang op n hout bankie moes slaap. n Man van naby 70!
Beide gevalle bejaardes en beide gevalle in Tygerberg. Is dit hoe ons nou deesdae na ons oumense omsien en behandel? Is dit hoe ons mediese personeel opgelei word?
WALGLIK!!

Michelle ·

Mense, onthou net, die wet gee nie spesifikasies oor wie ‘n aanklag of saak van rassisme kan aanmeld nie. As nie blanke mense blankes kan aankla van rassisme, kan blankes ook ‘n saak vn rassisme oopmaak. Die kaarte is gedeal, deal terug.

Michelle ·

Nog een ding, ek weet dit is makliker gese as gedaan, maar maak seker jy gaan nooit alleen na ‘n staats kliniek, staats hospitaal of enige plek waar jy staats medisyne kry nie, as jy getuies het van die rassistiese woorde, dan kan daar ook nie die my woord teen jou woord verskoning uitgehaal word nie.

Michelle ·

Nog een ding, ek weet dis makliker gese as gedaan, maar moet nooit allen na so ‘n plek gaan nie, vat altyd iemand saam, en dan, as daar sulke gevalle is het jy ‘n getuie, dan kan daar ook nie die my woord teen jou woord storie gebruik word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.