Vrou se liggaam buite Graaff-Reinet gekry

Graaff-Reinet. (Foto: wikipedia)

Die polisie op Graaff-Reinet in die Oos-Kaap ondersoek ʼn moordklag nadat die liggaam van ʼn vrou, klaarblyklik in haar 30’s, naby die dorp gekry is.

Kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder, sê die polisie het omstreeks 06:38 Donderdag ʼn anonieme wenk oor die liggaam langs die N9, in die rigting van Middelburg, gekry.

“Met die polisie se aankoms het hulle die liggaam van ʼn blonde vrou, netjies geklee in ʼn blou denim en blou hemp, op die toneel gekry.”

Die vrou het ʼn wond aan haar kop gehad.

Rawlinson sê speurders volg in dié stadium alle moontlike leidrade op en het die publiek gevra om met inligting na vore te kom.

Enigiemand met inligting kan sers. M Gcinisa by 083 301 8475 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ne ·

Weet hulle nog nie wie die vrou is nie? Is sy dalk as vermis aangegee?

Alida ·

Die duiwel is los in SA. Elke jan rap en sy maat het n vuurwapen!

Manie van Worcester ·

Ai ,ai, kry die vuurwapen al weer skuld vir wetteloosheid en gebrek aan vervolging. vuurwapens skiet nie self nie, dit word deur n mens afgevuur wat as hy nie n vuurwapen gehad het n ander wapen sou vind

Stebastiaan ·

Die land is nou letterlik en figuurlik aan die bloei. Ons moet terugkeer na GOD en op ons knië gaan en vra vir vergifnis en dan moet ons gaan waar HY ons lei. So kan dit nie aangaan nie!!!!

Sarel ·

Daar word gepraat van wond aan haar kop. Niks dat wond deur vuurwapen veroorsaak was nie

Dion ·

Nou gelees dat dit n oopwond is so ek vuurwapens is nie hier betrokke nie

Dion ·

Ek het amper dieselfde idee. Nou gelees dat die persoon nie gan die dorp self is nie

barend v d westhuizen ·

sedttige vuurwapens is nie die probleem nie dit is al die onwettige vuurwapens wat n probleem is en waar kry hulle dit die groot vraag is wat het geword van al die onwettige vuurwapens wat in gebring was voor 1994 deur n sekere groep en daar moet ont hou word wapen is n dooie suk ysther daar moet n mens wees wat hom gebruik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.