Vrou se liggaam by Kenton-on-Sea gevind

Kenton on Sea (Foto: kenton.co.za via NSRI)

Die liggaam van ʼn vrou is uit ʼn rivier by Kenton-on-Sea naby Port Alfred in die Oos-Kaap gehaal.

ʼn Span van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Saterdag omstreeks 07:40 ontbied ná berigte deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens van ʼn verdrinking by Karigarivier, het Juan Pretorius, NSRI Port Alfred-stasiebevelvoerder, gesê.

“ʼn Vrou se liggaam het op die Karigarivier gedryf. Ons het haar liggaam uit die rivier gehaal,” het hy verduidelik.

Die onbekende vrou se liggaam is aan die sorg van die polisie en die forensiese patologiediens oorgegee.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.