Vrou se liggaam by Van Stadensrivierbrug gevind

Die Van Stadensrivierbrug (Foto: Rute Martins van Leoa’s Photography, eie werk via Wikimedia Commons)

Die polisie in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná die liggaam van ʼn vrou Saterdagmiddag by die Van Stadensrivierbrug naby Thornhill gevind is.

“ʼn Verbyganger het omstreeks 10:00 die polisie gekontak toe hy ʼn wit Nissan Tiida verlate gevind het naby die brug,” sê sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie.

Die soek- en reddingspan het ondersoek ingestel.

“Die liggaam van ʼn 27-jarige vrou is omstreeks 13:00 gevind. Sy het in die water gedryf.”

Die naam van die vrou word weerhou totdat haar naasbestaandes in kennis gestel is en formeel die liggaam kan uitken.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hugo ·

As kind het ons dit “brug van die dood” genoem met al die mense wat daar afgespring het. Tragies…

Magda G ·

Weer eens so tragies. Wat het deur die arme se kop gegaan voor die daad. RIV mensie. Jy alleen sal weet wat jou tot die daad gedryf het

Samuel ·

Ai, dit is nou baie hartseer. Dit is nou al die hoeveelste persoon wat daar sterf. Innige simpatie met die naasbestaandes.

Nella ·

Hulle het al n tipe van heining gespan dat mense nie kan spring. Klink of sy vd kant af, gespring het

Blomme ·

Ek dog dan hulle het die brug so beveilig en selfs kameras installeer sodat sulke tragedies verhoed kan word.

Surfer ·

Niemand het genoem dat sy van die brug af gespring het nie. Jy kan bos langs van die hoe kranse ook af spring en dit is baie moeilik om te beveilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.