Vrou se liggaam gevind naby Mosselbaai-hawe

Argieffoto Foto: NSRI, Facebook

Argieffoto Foto: NSRI, Facebook

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Saterdag ʼn vrou se liggaam uit die see gehaal naby die hawe in Mosselbaai.

“Die NSRI is omstreeks 10:00 ontbied ná polisieberigte dat ʼn liggaam naby die hawe in die see dryf,” het Andre Fraser, stasiebevelvoerder van die NSRI, gesê. “NSRI Mosselbaai se reddingswemmers, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Wes-Kaapse departement van gesondheid en ER24-paramedici het reageer.”

ʼn Duiker van ʼn plaaslike duikmaatskappy het ʼn volwasse vrou se liggaam opgemerk en uit die water gehaal. “Paramedici het tevergeefs die vrou probeer bybring. Sy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die identiteit van die vrou en haar oorsaak van dood word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.