Vrou se liggaam in bad weggesteek

Argieffoto

ʼn 44-jarige man het glo sy vrou vermoor en nog ʼn man geskiet tydens geval van huishoudelike geweld voor hy homself aan die polisie oorgegee het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Sana Kgwale (33) is doodgeskiet tydens ʼn bakleiery met haar man by hul huis in Ga-Maja buite Lebowakgomo. Hy het later ook ʼn ander man geskiet.

“Ná die moord het hy Sana se liggaam met ʼn kombers toegemaak en dit in die bad weggesteek. Hy het homself daarna aan die polisie oorgegee,” het Moatshe bygevoeg.

Die ander man het ernstige skietwonde opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

Die 44-jarige verdagte sal binnekort in die Lebowakgomo-landdroshof verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Hy vermoor sy vrou en gee homself oor omdat hy weet die anc het die doodstraf weggeneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.