Vrou se liggaam in huis gevind

Angelique Fourie (Foto: Facebook)

Die polisie ondersoek ’n saak van moord ná die 27-jarige Angelique Fourie se liggaam in haar huis in Trichardt, Mpumalanga, gevind is.

Fourie se liggaam is Maandag vroegoggend in haar huis in ’n plas bloed gevind. Daar word beweer dat sy ʼn oop wond aan haar nek gehad het.

Volgens die private ondersoeker Mike Bolhuis word ʼn persoon, wat moontlik inligting oor die moord kan verskaf, gesoek. Die persoon was glo bekend aan Angelique.

“Volgens ooggetuies het dié persoon en Fourie ’n uitval by ’n plaaslike kroeg in Trichardt gehad. Hulle is daarna huis toe waar dinge na bewering handuit geruk het,” sê Bolhuis.

“Die persoon het glo met Fourie se tweejarige dogter na sy suster se huis in Secunda gereis. Hy het die dogter daar gelos en gevlug.”

’n Saak van moord is by die polisie in Trichardt aanhangig gemaak.

“Ons vermoed die persoon gaan probeer om landuit te vlug en daarom het ons al die landsgrense in kennis gestel om op die uitkyk te wees.”

Bolhuis vra dat enigiemand met inligting vir Luke Enslin by 082 222 5821 moet kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JohanR ·

Blybaar op die stadium al weer ‘n vrou wat gedood is deur die hand van ‘n man. Hoeveel maal ‘n week gebeur dit nie in SA nie? As jy jaloers is probeer weg loop. Lewenslank in die tronk is dit nie werd nie.

Perdeby ·

Hulle moet net weer die doodstraf inbring vir verkragting en moord, dan sal alles vinnig stop, maar ek glo nie dit gaan gebeur nie, want almal het mos die reg om te lewe behalwe die persoon/persone wat vermoor word, hulle het geen reg om te lewe nie.

Belinda ·

dis nie net van wegloop nie. Ontou hulle is nie lekker nie en gewoonlik sien hulle dit as “as ek haar nie kan kry nie, gaan niemand nie”.. en wanneer hul wel besef het wat hul gedoen het, is dit te laat.
Ek dink wel die doodstraf kan vir verkragters toepaslik wees (maar dit sal nooit gebeur nie) maar n tattoo merk / Brand merk op die voorkop laat doen om hul te merk as sex offenders te merk soos in die ou tyd kan nogals goed werk.

JM ·

Wat de hel gaan deesdae aan in die land? As ek en jy ‘n argument het, maak ek jou dood. Dit het nou mode geword. Selfbeheersing is ‘n vreemde begrip. Hoop hy word gevang en toegesluit. Die doodstraf moet teruggebring word.

Jeffrey ·

Die jong mense is onder geweldige druk weens ons land se klimaat en voel hulle het niks meer om te verloor nie, die uiterse stres laat hulle soms beheer verloor, maar bygesê dit is GEEN REDE om n ander mens dood te maak nie. Gaan soek sielkundige hulp indien jy nie jou impulse kan beheer nie.

Martie Smartie ·

Dronk bakleiery en rusies bestaan al eeue lank ou JM, dis niks nuuts nie

Werner ·

Sal natuurlik baie help as die media n foto vd verdagte plaas dan kan die mense darem weet hoe die persoon lyk.

Blikke ·

Hulle sal nie want dis n moontlike verdagte en het nie in die hof verskyn nie….sal nie eers sy naam bekend maak op die stadium nie

Alma ·

Behalwe as jy op facebook gaan kyk, sy naam en foto word oral gewys!

Wat op dees Aarde ·

Op Facebook het die slagoffer se pa die storie geplaas met ‘n foto van die verdagte.

Misky ·

Hoop hulle kry die uitvaagsel vinnig en sluit hom toe!!!! Voor haar pa hom kry en ek die storie op sosialemedia heeldag gevolg. Gee jouself oor voor die pa jou beetkry, boeta!!

Frank John ·

Waar kom die geaardheid van om iemand dood te maak waneer jy ‘n misverstand het? Dit is net nie hoe SA was nie.

Maggies ·

Skokkend om te besef dat daar al weer ‘n onsinnige moord op ‘n pragtige vrou gepleeg is.
Indien hy ‘n vlug risiko is, waarom deel die polisie nie sy foto nie?

Linx ·

Ai alweer iemand wie vertrou moes word…at least darem gesorg dat sy kind veilig is

Martie Smartie ·

En het MM daaraan gedink om die amptelike weergawe te kry? Of is Mike Bolhuis die polisie se woordvoerder?

Asgat ·

Ek stem heeltemal saam met jou Bolhuis se te veel op die verkeerde tye wat baie sake belemmer en dan vra hy nog n’ groot bedrag geld vir informasie wat hy by in elk geval by polisielede probeer kry. En ek praat uit ondervinding.

Asgat ·

Die probleem hier is dat SAPS wel foto’s sal publiseer as “Wanted” maar party privaat speurders belemmer die saak en het nie magtiging om foto’s van verdagtes uit te stuur sonder n’ sirkulasie nommer nie. Daar is baie sake waar sake belemmer is en verdagtes sosiale media volg soos n’ valk en kan publisering van informasie die boosaards presies wys wat die polisie weet en waar hulle soek. My hart bloei vir die dame en ek hoop die boosaard word gevang.

Se maar net…….

Piet ·

Reeds in aanhouding, volgens sommige FB inskrywings het hy homself vanoggend aan polisie oorhandig.

Lakemalawi ·

Ek sien netnou die knaap het homself aan die polisie gaan oorgee, by die Norkem Polisiekantore. Hoe wreed kan mense wees? Hoekom?

Skappie ·

Baie sterkte aan haar ma en pa, en ook haar dogtertjie wat deur hierdie moeilike tyd alles moet verwerk. Mag onse Liewe Heer saam met julle wees en julle almal styf in Sy arms vashou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.