Vrou se liggaam in huis in Kaapse voorstad gevind

Die owerhede op die toneel. (Foto: Twitter)

’n 76-jarige vrou se liggaam is Donderdag in die vroeë oggendure in haar huis in ’n voorstad van Kaapstad aangetref.

Siyabulela Malo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou is omstreeks 03:35 in haar huis in Rondebosch vermoor. Haar liggaam is in ’n slaapkamer aangetref.

Volgens Malo is die huis geplunder waarna die moordenaar/s met elektriese ware en die vrou se voertuig op die vlug geslaan het. Dié voertuig is later in Imizamo Yethu in Houtbaai opgespoor. Daar was egter geen spoor van die verdagte(s) nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ’n saak van moord, huisroof en motordiefstal.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

Soe jammer, en my innige simpatie. Hierdie geval het net nie gebeur nie. Die vrou en huis is getuiken vir ‘n wyle seker al, en gisteraand het hulle aangeval. Daai Imisamo Yethu in Houtbaai is ‘n nes van gemors. Daar was ‘n soe drie jaar gelede waar hulle oor die berg in die nag geloop het, ingebreek en weer oor die berg terug Imisamo Yethu is met die buit. Die polisie het een aand vir hulle op die roete gewag, en hulle is aangekeer. Ek bly in Nuweland net 10 minute van Rondebosch, en al wat ek kan se vir die mense, veral ouer mense, van die Suidelike Voorstede is beveilig julself, want lyk my die gemors van Imisamo Yethu is al weer besig!

Penellope Jones ·

Mens weet net nie meer hoe om te dink of hoe om wat te se nie.
Dit is doodeenvoudig net te veel vir mens se denke en gevoelens.

m.d.r ·

Maar net nog ‘n bejaarde, en ‘n vrou boonop–hoe dapper deur die bende…!
“shamelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong..”
Uit operation Mayebuye 1963…!

Carpe Diem ·

South Africa is a country embed with voilence, hatred, bigotry and greed. Poverty combined with a lack of education and cultural differences is bound to have such disastrous consequences. Unless the latter core elements is not addressed, there will be no improvement. Attempts being made will surely take at least another evolution to have a ripple effect on society. In the current state, only at your peril, I would advise researching plans to leave the country. My deapest sympathy with the deceased and family.

Liezl ·

Unfortunately it needs to start at your own home. Adults need to bring up loving, caring children. Adults are failing their own family. You need to first love God and then you need to love those around you and all will fall into place. It is not a difficult thing to do, but to most it is an easy outcome to do evil. So sad.

Laetitia ·

Darem ‘n skande dat bejaardes so vermoor word deur sulke lafaards. Tronkstraf is net te maklik.Bring terug die doodstraf sodat hierdie euwel uitgewis kan word.

toy ·

Dit is net moord, moord, moord elke dag. Mens raak woordeloos by die dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.