Vrou se liggaam in kar by Pta-kantoorblok gevind

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van ʼn 34-jarige vrou is Maandagoggend in ʼn motor in die parkeergebied van Boardwalk Office Park in Faerie Glen in die ooste van Pretoria opgespoor.

Ao. Dave Miller, woordvoerder van die Garsfontein-polisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê inligting oor die saak is nog min, maar ʼn nadoodse ondersoek word vandag gehou om die oorsaak van haar dood te bepaal.

“Die tyd en oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie. Voorlopige ondersoek toon egter geen sigbare tekens van vuilspel nie,” het Miller gesê.

Die Garsfontein-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die vrou se naam is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

Dit is baie swak nou word nie net plaasboere hul fanielies en kinders vermoor en verkrag nie sommer nou al 5jarige kinders ook geteiken om vermoor te word. Wat volgende babas kyk net na die vedeo van 84jarige oumens wat geslaan en geskop is lae gemene varke nie mense nie as ek sien hoeveel swart mense ek al met my kennis geleer het en nog steeds leer walg dit my om hulle te help dink ek moet dit stop laat hulle hulle self leer en my kennis eerder vir n wit mens leer en oordra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.