Vrou se liggaam in see by Kalkbaai-hawe gekry

Kalkbaai-hawe. Foto: Simon McDonnell/NSRI

Die liggaam van ʼn onbekende vrou is Sondagoggend in die see naby Kalkbaai-hawe gekry.

Lede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Simonstad en Strandfontein is omstreeks 09:55 ontbied.

“Twee mans wat in die omgewing geduik het, het op die liggaam afgekom en uit die water gehaal,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.

Volgens voorlopige ondersoek het vissermanne die vrou Saterdagaand in die Kalkbaai-hawe gesien. Niemand het egter gesien hoe sy in die water beland het nie.

Die vrou was vermoedelik in haar dertigs of veertigs.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin. Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die vrou te identifiseer, kan die Muizenberg-polisiestasie by 021 787 9000 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.