Vrou se liggaam in veld gevind

Argieffoto

Argieffoto

Esbé Koster (50) se liggaam is Dinsdagmiddag in ʼn veld naby ʼn pad in Magalieskraal naby Brits in Noordwes gevind.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het gesê Koster se liggaam is Dinsdag omstreeks 14:00 deur ʼn verbyganger gevind. “Sy het ʼn skietwond aan haar kop gehad en is op die toneel dood verklaar.” Koster het steeds haar juwele aangehad.

Volgens Talane word Koster se motor, ʼn wit VW City Golf, vermis. “Ons is nog nie seker hoeveel verdagtes betrokke was nie en dit vorm deel van die ondersoek.”

Koster was by die Rabboni Christian School in Brits werksaam. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en motordiefstal.

Die motor se registrasienommer is SLG362NW.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Theunis Kruger ·

Redaksie, die registrasie nommer van die kar mag dalk verkeerd wees. Maak net vir ons seker

Nico Strydom ·

Dagsê Theunis

Die registrasienommer is so deur die polisie deurgegee. Ons sal wel met familie kontak probeer maak om vas te stel of dit inderdaad so is.

Groete

Theunis Kruger ·

Die kar se registrasie nommer mag verkeerd wees. Redaksie, maak vir ons seker asseblief.

Mel ·

Daar is ni meer woorde ni, mens is nou rerig te bang om iewers heen te gaan, mens se hart skreeu van haat en woede maar ons kommentare bring ons nêrens nie!!! baie sterkte aan haar naasbestaandes RIV Esbie

W Grobler ·

As hierdie vrou se aanvallers haar in ‘n doodskis probeer druk het en gedreig het om haar aan die brand te steek sou hierdie aanval op ‘n wit vrou seker ook op tv en in elke groot koerant in die land gewees het, of hoe?

Bekommerd ·

Nee glad nie, as ‘n boer aangerand is, dan word daar bloot na sy aanvallers as misdadigers verwys en dit is nie juis groot nuus nie. In die doodskis geval is dit mos ‘n lekker sappige rasse storie.

skokkend ·

Die moordenaars is klaar inhegtenis geneem, 16 & 17 jaar oud. Al klaar op so Jong ouderdom moordenaars. RIV Juffrou Esbie.

Wilmien ·

Wanneer gaan die onsinnige moorde einde kry? Mens se lewe is niks meer werd nie

Andrea ·

Kan iemand wat meer weet, iemand wat betrokke is by Afriforum en/of Solidariteit bv my dalk antwoord: is daar êrens in die buiteland, Duitsland of Nederland, regse media wat sou belangstel in die getal moorde, die wreedheid daarvan, haatspraak, ens. wat hier in S A aangaan?

FM ·

Sorry dat ek uit my beurt is: Kan iemand my dalk vertel wat het geword van die Landbouweekbladmannetjie wat n uitlating oor white trash gemaak het? Is hy nog in sy pos of wat het van hom geword. Of het hy dalk al vir julius begin werk?Ek hoop so!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.