Vrou se liggaam in veld gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ‘n 20-jarige vrou is Woensdag in ‘n oop veld in Lenasia, suid van Johannesburg, gevind.

“Sy het oop wonde aan haar bolyf gehad en dit blyk dat sy met ‘n skerp voorwerp gesteek is,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die vrou se selfoon is by haar liggaam gevind.

Die vrou se ouers sê hulle het haar Dinsdagaand die laaste keer gesien voor sy gaan slaap het.

Die motief vir die moord is nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.