Vrou se liggaam langs Pta-pad gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

Die liggaam van ʼn vrou is Woensdag langs ʼn pad naby ʼn kleinhoewe in Kameeldrift, Pretoria, gevind.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê werkers op die kleinhoewe het hulle vir werk aangemeld toe hulle ʼn liggaam langs die pad sien lê het.

“Toe die polisie op die toneel opdaag, het hulle gesien dit is ʼn vrou se liggaam en dat sy skietwonde aan haar bolyf het,” het Masondo gesê.

Sy het ʼn swart baadjie en romp aangehad. Die vrou was vermoedelik tussen 25 en 35 jaar oud.

“Die motief vir die moord is nog onbekend en die liggaam ook nie geïdentifiseer nie,” het Masondo gesê.

Die polisie het mense met inligting oor die voorval gevra om met hul naaste polisiestasie in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Ai Maroela, kan ons nie maar net ‘n kleur van vel, kleur van hare ook kry nie. Hoe moet mense help sonder enige gegewens?

Pastoor ·

Dit is n mens. Here wanneer stop dit. Daar le n mens langs die doodgeskiet. Sy na U beeld gemaak. Gevoellose moordenaars het haar geskiet SKOKKEND

Alida ·

Wat is die issue dat die media nie wil noem watter kleur die vrou is nie? Swart, kleurling, indier of wit. Genade!

Annemarie ·

Wonder ek ook?? Ons bly tog in veelrassige land!! Dis mos nie skande/onwettig om ras te Noem!!

Elsabe ·

Mag ons weet of dit in Kameeldrif oos of wes is asseblief julle mag seker maar die ras bekend maak!!!!!!

t vans ·

Regtig,,,,,,,,,, dis nou swak beriggewing,………………………… oos en wes van kameeldrif is amper n hele dorp van mekaar verwyder?,,,,,,,,

Boontjie ·

Die Polisie moet nie vra vir hulp of inligting as hul nie bereid is om eers die kleur van die slagoffers se oe bekend te maak nie. As jy ‘n volledige beskrywing het en jou familielid is toevallig soek kan daar betyds opgetree word. Teen die tyd is die moordenaar skoonveld en gaan nooit gevang word nie want hulle weet nog nie eers wie dit is nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.