Vrou se liggaam onder grond uitgehaal

Beamptes van die Limpopo-polisie se soek-en-reddingspan. Foto: Verskaf

Beamptes van die Limpopo-polisie se soek-en-reddingspan het die liggaam van ʼn 53-jarige vrou wat glo onwettige gemyn en sedert Donderdag ondergronds vasgekeer was, onder die grond uitgehaal.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die voorval het by ga-Maroga buite Burgersfort plaasgevind.

“Volgens inligting het die oorledene, Letty Mahlokwane, na bewering chroom onwettig saam met ʼn groep mense ontgin toe ʼn groot rots en grond op haar geval en haar lewend begrawe het,” het Mojapelo gesê.

Lede van die gemeenskap het aanvanklik probeer om haar onder die grond uit te haal, maar het die polisie ontbied toe hulle nie daarin kon slaag nie.

Ná ʼn volgehoue poging is die vrou se liggaam Vrydag onder die grond uitgekry.

Die polisie het lede van die gemeenskap gewaarsku om nie aan dié soort aktiwiteite deel te neem nie. “Buiten dat dit onwettig is en mense deur die polisie vervolg kan word, mag hierdie myners hulself ook in ʼn soortgelyke situasie bevind en met hul lewens boet,” het Mojapelo gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elvira ·

So hartseer. Mense doen dit omdat daar nie werk vir hulle is nie. Hulle is desperaat om kos op hulle families se tafel te sit. RIV

Herman ·

Ek het by ‘n chromietmyn daar naby gewerk. Na ‘n onwettige staking aangehits is deur die unie het die myn toegemaak. Meer as 1500 mense het hulle werk verloor. Nou sit die gemeemskap in totale armoede.

rose ·

Ek voel ook jammer vir die vrou ek dink ‘n mens moet desperaat wees om so onder die aarde te gaan werk om kos op die tafel te sit.

GM ·

Wat ‘n wrede dood om te sterf. En dit terwyl die president en kie in weelde leef en nie eers omgee vir die wat hul ingestem het nie.

christa ·

Daar is nie genoeg werk vir SA mense nie omrede toegang vir buitelanders verleen word om hier te werk, te danke aan die regering. Tweedens werk buitelanders baie goedkoper, beter en pas hulle werk op. Hulle toi-toi nie en is pligsgetrou.

GESKOK ·

Ja veral met plaasmoorde is hulle baie pligsgetrou, ten minste twee van die 10 is gewoonlik buitelanders. Hulle is voordansers tydens optogte. WANNEER GAAN JULLE WAKKERWORD MENSE?? Seker as die laaste boer die ligte afsit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.