Vrou se liggaam op ashoop gevind

Die ashoop naby Eldoradopark. Foto: all4women.co.za

Die ashoop naby Eldoradopark. Foto: all4women.co.za

Die liggaam van ʼn 30-jarige vrou is Woensdag op ʼn ashoop naby ʼn skool in Johannesburg aangetref.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die vrou se liggaam is in Eldoradopark, suid van Johannesburg, deur ʼn voetganger aangetref. “Die vrou het ʼn steekwond aan haar bolyf en haar broek was halfpad uitgetrek,” het Makhubela gesê.

Volgens Makhubela is vyf mans Dinsdag vir die laaste keer saam met die vrou gesien. Die mans is deur die polisie vir ondervraging ingeneem. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.