Vrou se liggaam op Tafelberg gevind

Die Tafelberg-sweefspoor.

Die ontbinde liggaam van ʼn vrou is Dinsdagoggend op Tafelberg in Kaapstad gevind.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die liggaam is omstreeks 10:15 deur speurders van die provinsiale speurtak en wildbewaarders van SANParke gevind.

Tafelberg is vir besoekers gesluit nadat die liggaam gevind is terwyl die polisie se forensiese ondersoekers die gebied vir leidrade gefynkam het. Hulle was om 15:00 steeds op die toneel.

Van Wyk het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die dood en die persoon se identiteit vas te stel.

Die vrou se liggaam is in die omgewing van die Platteklip-ravynroete gevind waar Charlotte Nikoi (50), ʼn Ghanese werknemer van die Verenigde Nasies (VN) wat in Johannesburg woon, verdwyn het toe sy  saam met haar man, Chris (57), en een van hul drie dogters op 21 Maart (Menseregtedag) op die roete gaan stap het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Griki ·

Ek wonder of dit dalk die Amerikaanse (?) vrou is wat saam met haar man en dogter hier vakansie gehou het?

madels ·

Hoekom sterf daar so baie mense “skielik” op Tafelberg? Ek wonder of hulle nie met opset gestamp word of iets, na hul dood nie… dis net baie baie eienaardig..

Theresa ·

Skande dat ons toerismeplekke so besmet is met moordenaars, verkragters en allerlei misdadigers.

john samuel ·

Alles te danke aan al die ‘Ja’s van so baie jare terug. En almal wat so gestem het vir ons goue toekoms kan nou maar trots wees op hul’self….

Alida ·

Tussen 1920 en 2014 is 219 mense dood op Mount Everest, en oor dieselfde tydperk is 225 mense op Tafelberg dood. Verreweg die meeste van hulle is dood omdat hulle Tafelberg onderskat het, ‘n verkeerde voetpad geneem het en in ‘n rafyn afgeval het. Enkeles het selfmoord gepleeg. Uiters min is weens misdaad dood. Tafelberg is baie gevaarliker as wat dit op die oog af lyk en mense behoort nie alleen daar te stap nie.

A ·

john samuel, al die ja’s sit nou in Auz of NZ ens, ens. Dis hoekom hulle ja kon stem, want hulle het geld gehad om te kan gaan. En as SA weer eendag (hopelik) tot sy volle glorie herstel word is hulle die eerste wat wil terugkom na HULLE land.

T N ·

A __ as ek in 2008 ook my verstand ( en nie my lojaliteit nie ,,, ) gebruik het , was ek ook daar maar nadat Zuma en sy mede idiote my geld niks werd gemaak het nie , kan ek nie meer bekostig om te gaan nie !

marous ·

Dis verseker Van Hunk en sy pyp roker vriend se skuld …..

Mari Krige ·

Hoe raak die vrou net weg as sy saam met haar familie daar gestap het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.