Vrou se lyk gevind: Man erken skuld

Andrew Michaels wie se regte naam Wayne Henstock is. Foto: Verskaf

Andrew Michaels wie se regte naam Wayne Henstock is. Foto: Verskaf

Die man van Kroonstad, wat deur die polisie gesoek is nadat die liggaam van sy lewensmaat in ʼn vlak graf in die tuin van die paar se huis gevind is, het ʼn bekentenis aan die polisie gedoen.

Andrew Michaels (58), wie se regte naam Wayne Errol Henstock is, het vandeesweek in die hof in Kroonstad verskyn.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Henstock het ʼn bekentenis afgelê, maar het gesê hy kan nie die inhoud daarvan bekendmaak nie.

“Die man is Donderdag in Winterton in KwaZulu-Natal deur kapt. Sydelle Neuhoff en haar span in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklagte van moord, diefstal en bedrog,” het Thakeng gesê.

Die saak is tot 18 November uitgestel vir verdere ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Martie Jordaan (56) se liggaam is verlede Vrydag in ʼn vlak graf in die paar se tuin in Kroonstad gevind. Haar gesig was erg ontbind en ʼn tuinvurk met bloedspatsels is naby die graf gevind.

Henstock het nadat die liggaam gevind is, verdwyn en die polisie het ʼn soektog na hom van stapel gestuur. Thakeng het vroeër gesê die paar se bure beweer hulle het weke voor Jordaan se liggaam gevind is, agtergekom hulle sien haar nooit meer nie. Henstock het ook Jordaan se meubels en klere verkoop en aan die bure vertel hulle beplan om binnekort te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Justice ·

Gee die vark ‘n tou om in sy sel mee te speel – stel in elk geval nie in sy bekentenis belang nie – stem saam met jou Helena.

Nel ·

Hulle sê mos ‘n vis vrot van sy kop af – met wetteloosheid en morele verval wat oral seëvier is dit geen wonder dat sulke misdade al hoe meer onder die blanke bevolking voorkom nie.

Janine ·

Dit is so belangrik om nie betrokke te raak by iemand met ‘n duistere verlede nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.