Vrou se lyk in erf gekry

Argieffoto

Argieffotomis

Die liggaam van ʼn 33-jarige Vrystaatse vrou is Donderdag in die vroeë oggendure met kopwonde in haar erf aangetref.

“Die Tseki-polisie is omstreeks 02:00 na die huis ontbied in die Phamong-informele nedersetting in QwaQwa,” het sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, Vrydag gesê.

“Die vrou se liggaam met steekwonde is buite haar huis gevind. Haar man het die polisie vertel hy het omstreeks middernag by die huis aangekom en gevind die huis se deur is oop. Die man het beweer hy het gedink sy vrou was nie by die huis nie en was verras toe hy haar dood buite die huis aangetref het.”

Mophiring het gesê die polisie het bewyse in die huis gevind wat die vrou se 42-jarige man moontlik met haar moord verbind. Die polisie het beslag gelê op die bewyse en die man in hegtenis geneem.

Hy moet op 3 Januarie in die Tseki-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Die motief vir die moord is onbekend en word ondersoek.

Genl.maj. Peter Moloi, bevelvoerder van die Phuthaditjhaba-polisiëringsgebied, het gesê die polisie ervaar ʼn toename in moordsake in die QwaQwa-gebied weens alkoholmisbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Buitestander ·

Hoekom nou juis op die tydstip van die jaar? Dink hy nie die polisie sal hom verdink nie?

Louis ·

Noem asb die ras van n persoon wanneer daar n slagoffer van geweld was, dieselfde met die aanvallers!

CN ·

Nou wat het ras met die hele storie uit te waai?? Liewe genade!! n Vrou is vermoor – of sy nou wit, swart of groen was – maak nie saak nie!!

Kobus 4e ·

Hoekom is dit nodig om die ras te noem? ENIGE moord op ENIGE persoon is ALTYD “onnodig”, daar is geen rede om die ras te noem of om te se dit is onnodig. As jy wil weet lees tussen die reels.

#eish ·

Eish… hyt nie daai storie mooi deur gedink voor hy begin praat het nie… klink fishy v my!!

Izak ·

Baie insiggewend dat die polisiehoof hom uitspreek….maar waar ń witmens dood aangetref word…doodse stilte…..so asof die owerhede stilswyend vir die moordenaars hulle belastings gee om voort te gaan met MOORDE op blankes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.