Die liggaam van ʼn onbekende vrou in haar 30’s is Woensdagmiddag met verskeie steekwonde in Kaapstad aangetref.
Konst. Johnatan Filander, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou se liggaam is onder ʼn boom naby ʼn treinspoor in Heinz Park in Mitchells Plain gevind.
“Lede van die gemeenskap het op die vrou se liggaam afgekom. Die omstandighede rondom haar moord is onbekend en word ondersoek,” het Filander gesê.
Die Nyanga-polisie ondersoek ʼn saak van moord.
Nou sal die stadsraad seker weer blameer word.
Nee hierdie is nog Jan van Riebeeck se skuld.
Die stadsraad gaan dit net erf.