Vrou se lyk in Krugersdorp-dam gevind

Blougatdam. Foto verskag deur ER24.

Die liggaam van ʼn vrou, glo in haar 20’s, is Donderdag in die Blougatdam by Krugersdorp aan die Wes-Rand gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en die polisie is omstreeks 12:00 na die toneel ontbied.

“Paramedici en polisieduikers het by hul aankoms ʼn liggaam in die dam sien dryf. Die polisieduikers het die liggaam uit die water gehaal. ʼn Polisie-helikopter het die liggaam geneem na die plek waar paramedici gereed gestaan het.”

Volgens Meiring is daar vasgestel dat die vrou reeds ʼn geruime tyd dood was.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.