Vrou se lyk in riool gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou se liggaam is gevind waar dit in riool dryf in Dutywa in die Oos-Kaap.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is Vrydagoggend deur munisipale werkers gevind. Volgens Manatha was die oorledene vermoedelik 35 jaar oud.

Manatha het gesê die vrou het ʼn lemmetjiegroen top en swart geblomde romp aangehad. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie. Die vrou het geen sigbare beserings aan haar lyf gehad nie.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek begin en ʼn beroep gedoen op gemeenskapslede om die polisie by te staan om die vrou te identifiseer en haar familie op te spoor.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

Hoe goedkoop is ‘n menselewe nie in hierdie land. Met hoeveel minagting is die oorledene se liggaam nie behandel nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.