Vrou se lyk in rioolstelsel gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou se liggaam is in ʼn rioolstelsel buite Zeerust, Noordwes gevind.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou is vermoedelik verkrag voor sy vermoor is. Die vrou se naakte liggaam is in die Lehurutse-rioolstelsel gevind. Daar was kneusplekke op die vrou se liggaam en haar gesig was geswel.

Die oorledene is geïdentifiseer as die 26-jarige Kedifentse Mogale. Volgens Moleko het Mogale en twee vriendinne Vrydagaand koeldrank gaan koop by ʼn vulstasie. Hulle is glo op pad deur twee mans geteister. Mogale se twee vriendinne kon daarin slaag om weg te hardloop.

Die polisie is in kennis gestel en ʼn soektog na Mogale is van stapel gestuur. ʼn Saak van moord word ondersoek en die soektog na die twee mans gaan voort.

ʼn Nadoodse ondersoek sal Maandag by die Bophelong-hospitaal in Mahikeng gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.