Vrou se lyk in silo op plaas gevind

grond plaas boer trekker

Argieffoto (Pixabay)

ʼn Man het ʼn gru-vonds op ʼn plaas in Balgowan, KwaZulu-Natal, gemaak, toe hy ʼn bloedspoor gevolg en op sy dogter se liggaam in ʼn silo afgekom het.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van Nqobile Mabaso (28) is Saterdag omstreeks 10:20 in ʼn silo op die plaas in Nottinghamweg gevind. Sy is vermoedelik verkrag en vermoor voordat haar liggaam in die silo gegooi is.

“Iemand het die pa ingelig oor ʼn bloedspoor buite die huis en hy het die bloed tot by die silo gevolg. Hy het die liggaam gesien, maar eers nie besef dit is sy dogter nie, omdat haar kop met ʼn stuk van haar rok en ʼn trui toegebind was,” het Gwala gesê. “Hy het egter besef dit is sy dogter deur haar uit te ken aan die sokkies wat sy aangehad het.”

Lede van die polisie se soek-en-reddingseenheid is ontbied om die liggaam uit die silo te verwyder. Mabaso het ʼn oop wond aan die agterkant van haar kop gehad en merke op haar lyf, wat aandui dat sy oor die grond gesleep is. Haar selfoon was ook weg. Sy is die vorige aand omstreeks 21:30 vir die laaste keer lewend gesien.

Volgens Gwala is ʼn 25-jarige verdagte kort na die moord in hegtenis geneem nadat Mabaso se selfoon in sy besit gevind is. Hy het reeds in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot 23 Mei. Die verdagte sal in polisie-aanhouding bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Willie ·

Dis verskriklik… dis asof hierdie sort ding so allerdaags soos brood is… Ek dink SA is die “Crime Mecca”..

Gesiggie ·

Hoe sieklik…. dinge raak net erger…. haar verkrag en toe nog in die silo te gooi… die arm Pa wat moes afkom op haar ”’ ek hoop hierdie sielsiek man kry wat hy verdien… dit is skokkend… sterkte aan die familie.

Koos1 ·

Danie, ek stem saam, maar die motief, dink ek, verskil.
Dit wys maar net dat niemand in SA veilig is nie.

Wat-ek-lees ·

Haar laaste oomblikke tydens die verkragting (hoe anders?) en doodmaak moes ontsettend gewees het.
Kom Zoempies, magtag man, trek vinger en begin iets doen. Vergeet van apartheid, Jan van Riebeeck, rassisme, die grootte van Afrika ens.

neelsie ·

Seks het die verstand van baie verrot.
Waardes is net nie meer deel van ons samelewing nie.
Moenie dit voor iemand anders se deur le nie.!

pieter ·

EK VIND REGTER JANSEN ONSKULDIG.WIE HET RUST,MABASO VUL SELF DIE RES IN EN STUUR DIT AAN ZUMA EN SY ANC.

Jan maak n Plan ·

Toe ek die berig en kommentare met afgryse lees, toe begin ek wonder oor wat daai regter nou die dag gese het en toe nou in die moeilikheid daar oor is. Ek dink die department van Justsie moet die feite op grond van statestiek toets en dalk net sal die regering se oe oopgaan oor sulke moorde.

André ·

Jan
Hulle wil nie die statistieke sien nie. Daar is niemand so blind soos die wat NIE WIL SIEN NIE!!!

Andrea ·

Toe n dosent aan een van ons voorste universiteite so drie jaar gelede haar oor hierdie kwessie uitgelaat het (ek dink dit was nadat sy navorsing hieroor gedoen het), is sy gedwing om te bedank.

Sus ·

Lewe is ‘n basiese reg. In hiérdie land het lewe géén waarde nie.

Heinrich ·

Stem saam Sus, toe die nuwe grondwet beding is met die terroriste organisasie het kriminele se regte dié van die gewone burger oorskry. Maar soos die heersense terroriste organisasie sê; dis deel van die “Goeie storie”; en dis hoekom hulle so baie stemme kry; almal maak soos terroriste want dit is die voorbeeld wat gestel word!

elize west ·

Mr. ZUMA KAN U ASB VIR NET EENDAG STILRAAK EN N KWALITEITS BESLUITNEEM WAARonder al u landsburg veillig kan saam leef. Dink asb u word daaglik opgepas soos n waardevolle besitting,maar ons word deur die moordenaars soos lappoppe verskeur. Mr. Zuma kyk en dink aan ons. Stop die moorde in ons land.

SNEL ·

Ja-nee Jan maak n Plan, sê ek mos ook, daardie regter het die pot dink ek glad nie mis gesit nie, hulle moet bietjie statestieke vat ek dan besluit of sy skuldig is of net waarheid praat. Ek voel bitter jammer vir die pa wat sy dogter so moes vind. Baie sterkte aan die gesin en familie. Ja, ñ lewe is net niks meer werd nie….

Louis ·

Regter Mabel Jansen pluk nie stellings uit die lug uit nie, sy sit met statistieke voor haar……elke dag!

Anoniem ·

Mense asb verkragters is nie net onder ander kleuriges nie. Blankes verkrag ook hule eie mense soos kinders en vrouens. Ons lees elke dag daarvan in die media. Kleur speel nie n rol in verkragting, moordernaars, rowers of pedofiele nie. So die stelling wat Mabel Jansen gemaak het is nie korrek nie. (Nou gaan ek seker goed uitgetrap word) Maar waarheid vat altyd waar jy nie wil nie…..So jammer vir Mnr Gwala wat sy dogter so moes vind. My hart gaan na elkeen wat so-iets oorkom…maak nie saak watter kleur. Mag jou hart vertroos word. Mag God jou hand neem en lei deur hierdie tyd.

Piet Piper ·

Die Barbaristiese elemente in sekere Afrikane ken geen grense.

Riekie ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG – LAAT ONS SOOS ARABIESE LAND WEES!!!!
Steel – jou hand word afgekap
Moor – jy word vermoor
Die Regeering ontneem ons regte en hits moorde aan.
Mag hierdie pa wat sy kind so wreed verloor het geregtigheid kry en mag God hom genadig wees.

Charl ·

Wil iemand wat twitter gebruik nie elkeen van die aanvalle, soos wat hulle rapporteer word, aanstuur na die eerbare Gillian nie?

Penellope Jones ·

Genugtig, mens is sprakeloos!
Haar arme pa – wat ‘n ontsaglike skok.
Rus in Vrede.

pop ·

En as die pappa nou ook reg in eie hande geneem het soos vorige berig. Arme man, hy moet berading kry, anders word hy mal.

Hannie ·

Ja, wat of wie volgende, ons in hierdie land is almal ‘kroon wild!

Edward James Shawe Snr ·

Ek glo al wat sal werk is om die parlament binne te storm en annargie veroorsaak onder die parlaments lede oor die plaasmoorde, verkragtings en ander misdade sodat dit ook op die nuus kan kom soos met die EFF.

Marietjie van Windhoek ·

Mens moet so oppas vir veralgemening. Dit lei tot massahaat teen een of ander groep. Ons wil tog nie as groep verdoem word nie, asof ons almal eenders is nie. Daarom moet ons dit ook nie aan ander doen nie. Laat ons `n voorbeeld stel.

tamboti ·

Die Staat en regstelsel maak geregtigheid baie ingewikkeld, eenvoudige saak: lyk, verdagte gevind met oorledene se eiendom = onmiddelike teregstellig.
Spaar tyd, spaar geld, spaar nog slagoffers van gewisse dood en spreek die probleem effektief aan!

Willie Steenkamp. ·

Die V>V>V het weer toegeslaan!
V=verkragters.
V=verminktes.
V=vermoorders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.