Vrou se lyk onder bed gevind

Argieffoto.

Argieffoto.

Die polisie is opsoek na ’n man in verband met die moord op ʼn vrou wie se liggaam Saterdag in haar huis in Sweet Home Farms in Philippi in Kaapstad gevind is. Haar liggaam was in komberse toegedraai en onder haar bed versteek.

Volgens kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, word die oorledene se vriend in verband met haar moord gesoek. “Die man maak gebruik van die name Blacks, Blessie of Thulani. Na wat verneem word, is hy ʼn Zimbabwiese burger.”

Die verdagte het na bewering saam met die vrou en haar twee kinders gewoon. “Die dag voordat die vrou se liggaam gevind is, het die verdagte na bewering al die meubels in haar huis verkoop en die kinders by hul tante afgelaai. Hy het gesê hy gaan werk toe,” het Van Wyk gesê.

Van Wyk het gesê dat die vrou se ma het op haar liggaam afgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.